Praag
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Praag / Praha | |
---|---|
Land: | Tsjeggië |
Deelstaat: | Praha |
Stigting: | 9de eeu |
Koördinate: | 50° 05' N, 14° 25' O |
Oppervlakte: | 496 km² |
Bevolking: | 1 198 094 (30 Junie 2007) |
Bevolkingsdigtheid: | 2 416 / km² |
Hoogte: | 177 - 399 m bo seespieël |
Burgemeester: | Pavel Bém |
Amptelike webwerf: | www.praha-mesto.cz |
Praag (Tsjeggies: Praha [ˈpraɦa]) is die hoofstad en grootste stad van Tsjeggië met 1 198 094 inwoners. Praag vorm 'n selfstandige administratiewe gewes.
Die omgewing van Praag was reeds gedurende sy vroeë geskiedenis dig bevolk. In die 6de eeu het Slawiese stamme hulle in die gebied gevestig. Ná die bou van twee kastele deur die Přemyslide-dinastie in die 9de en 10de eeu het ook Joodse en Duitse koopmanne hulle in die stad begin vestig.
Omtrent 1230 het Praag die hoofstad van die Koninkryk Boheme en in die 14de eeu as die hoofstad van die Heilige Romeinse Ryk 'n belangrike politieke en kulturele sentrum in Europa geword. Die "Goue Stad" pronk met 'n ryk argitektoniese erfenis en is 'n pragtige voorbeeld van Gotiese en barok-boukuns.
[wysig] Klimaat
Maand | Jan | Feb | Maa | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Temperatuur bedags | 1°C | 3°C | 7°C | 12°C | 18°C | 20°C | 23°C | 23°C | 19°C | 12°C | 5°C | 2°C | 12°C |
Temperatuur snags | -3°C | -3°C | 0°C | 3°C | 8°C | 11°C | 13°C | 12°C | 9°C | 4°C | 0°C | -2°C | 4°C |
Neerslag | 22mm | 17mm | 31mm | 36mm | 59mm | 68mm | 66mm | 63mm | 42mm | 31mm | 28mm | 24mm | 487mm |
[wysig] Inwoners van Praag
Jaar | Inwoners |
---|---|
1230 | 4.000 |
1370 | 40.000 |
1600 | 60.000 |
1804 | 90.000 |
1837 | 105.500 |
1850 | 118.000 |
1880 | 162.000 |
1900 | 201.600 |
1925 | 718.300 |
1950 | 931.500 |
1980 | 1.182.800 |
1991 | 1.214.174 |
2004 | 1.170.571 |
2007 | 1.198 094 |