See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Cyrilliese alfabet - Wikipedia

Cyrilliese alfabet

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Cyrilliese alfabet ook Siriliese alfabet is die alfabet wat gebruik word om ses Slawiese tale te skryf: Russies, Oekraïens, Witrussies, Serwies, Masedonies en Bulgaars, asook ander tale van die voormalige Sowjetunie. Tot en met 1859 is Roemeens ook in die Cyrilliese alfabet geskryf. Ander name: Russiese alfabet, Asboeka, Азбука.

Die Cyrilliese alfabet is afgelei van die Glagolitiese alfabet uit die negende eeu wat toegeskryf word aan die broers Cyrillus en Methodius wat albei monnike was. Die oorsprong van die Cyrilliese alfabet self is egter minder seker.

[wysig] Transliterasie

groot klein naam klank transliterasie
ISO 9 Afrikaans Nederlands Engels
А а A /a/ a a a a
Б б Be /b/ b b b b
В в We /v/ v w of f [1] v/w v
Г г Ge /g/ g g g g
Д д De /d/ d d d d
Е е Je /jE/ e e/je e/je e
Ё ё Jo /jO/ ë o/jo o/jo/e/je ë
Ж ж Zje /Z/ ž zj zj zh
З з Ze /z/ z z z z
И и I /i/ i i i i
Й й kort I /j/ j i/j[2] j/- ĭ
К к Ka /k/ k k k k
Л л El /l/ l l l l
М м Em /m/ m m m m
Н н En /n/ n n n n
О о O /o/ o o o o
П п Pe /p/ p p p p
Р р Er /r/ r r r r
С с Es /s/ s s s s
Т т Te /t/ t t t t
У у Oe /u/ u oe oe u
Ф ф Ef /f/ f f f f
Х х Cha /x/ x ch ch kh
Ц ц Tse /ts/ c ts ts ts
Ч ч Tsje /tS/ č tsj tsj ch
Ш ш Sja /S/ š sj sj sh
Щ щ Sjtsja /Sj/ šč sjtsj sjtsj shch
Ъ ъ Harde teken geen palatalisasie " - - "
Ы ы Jeri /y/ y i y y
Ь ь Sagte teken /j/ -- palatalisasie ' ? Soms ', soms j - '
Э э E /E/ ė e e é
Ю ю Joe /ju/ ju joe joe yu
Я я Ja /ja/ ja ja ja ya

Om Slawiese name (byvoorbeeld) in 'n taal weer te gee wat 'n ander alfabet gebruik, is 'n vorm van transliterasie nodig om die omskakeling na 'n ander skryfstelsel te doen. Verskeie stelsels bestaan vir verskeie bron- en teikentale. Party Slawiese tale word in beide die Cyrilliese alfabet en die Latynse alfabet geskryf en het dus 'n natuurlike manier van transliterasie.

ISO-9 is 'n transliterasiesisteem van die Internasionale Standaardeorganisasie (ISO) wat omkeerbare transliterasie moontlik maak. Dit wil sê, die transliterasie kan sonder dubbelsinnigheid of verlies aan inligting weer omgekeer word na Cyrillies. Dit word gedoen deur gebruik te maak van diakritiese tekens.

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) beskryf die transliterasie wat gebruik word om na Afrikaans te translitereer. Dit verskil van die maniere wat bestaan vir ander tale soos Engels om die resultate meer konsekwent te maak met die Afrikaanse speltradisie. Die gebruik van die letter "g" om die klank [g] (soos in die Afrikaanse woord "gholf") voor te stel is wel effens inkonsekwent met Afrikaanse speltradisie.

Verskeie stelsels vir transliterasie bestaan vir Engels.[3]

Regs is 'n vergelyking met transliterasie soos gebruik word Engelse en Nederlandse transliterasietabelle:

[wysig] Notas

  1. ^ f word gebruik aan die einde van lettergrepe of voor stemlose konsonante.
  2. ^ Die gebruik van i teenoor j kan rofweg aangegee word as dat j gebruik word aan die begin van 'n woord of lettergreep, of tussen 'n konsonant en 'n vokaal. Gebruik i andersins.
  3. ^ Sien gerus die inskrywing daaroor by die Engelse Wikipedia.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -