Marco Polo
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Marco Polo (15 September 1254 – 8 Januarie 1324) was een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westelikes om die sy-roete na Sjina te gereis het. Sy boek Il Milione dokumenteer sy roete na en ondervindings in die Ooste.
[wysig] Agtergrond
Marco Polo is gebore as Marco Pilicin (later verander na Polo) in Italië. Beide sy vader Niccolo en sy oom Mafeo was algemene handelaars wat in Konstantinopel handel gedryf het voor hulle op hulle reis na Sjina vertrek het.
[wysig] Reis na die Ooste
Volgens Marko Polo het hy Sjina bereik en was hy in diens van Kublai Khan (Genghis Khan se kleinseun) vir 17 jaar. Dit is hoogs onwaarskynlik aangesien die Sjinese goeie rekordhouers was en hulle die ontmoeting waarskynlik sou aangeteken het. Meeste geskiedkundiges vandag aanvaar dat Marko Polo wel die Ooste bereik het, maar glo dat hy die meeste van sy sogenaamde ervarings by ander reisigers gekry het. Al het Marko nie die Groot Muur of Sjinese skryfkuns gedokumenteer het nie, het hy wel opmerkings gemaak oor papiergeld en wilde diere soos tiere.
[wysig] Bron
Stephen Fry The Book of General Ignorance Faber and Faber 2006