See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Microsoft Word - Wikipedia

Microsoft Word

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Microsoft Word is 'n woordverwerkingsprogram van die firma Microsoft vir die Windows- en Mac OS bedryfstelsels. Dit is deel van die kantoorpakket Microsoft Office asook die op privaatgebruikers gerigte programsuite Microsoft Works Suite en word ook los verkoop.

In 1983 word die eerste weergawe van Microsoft Word vir MS-DOS uitgebring, in 1984 verskyn die Macintoshweergawe. Die DOS-weergawes word tot 1995 verhandel. 'n Weergawe vir SCO Unix het ook bestaan.

Die funksionaliteit van Word kan deurmiddel van VBA (Win / Mac OS) en AppleScript (net Mac OS) uitgebrei word.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Word was die eerste populêre woordverwerkingsprogram vir die IBM-PC. In kombinasie met 'n grafiese kaart wat 'n grafiese mode weer kon gee (soos CGA of Hercules), was Word in staat om tekstonderkseidings as vet of kursief direk weer te gee.

[wysig] Lêerformaat

Die lêeruitbreiding vir Microsoft Word-dokumente heet .doc. Die bybehorende lêerformaat is propiëtêr en dokumentasie hiervan is nie kosteloos beskikbaar nie. Word kan egter met verskeie lêerformate omgaan, daarenteen word geen van die vreemde formate volledig ondersteun nie. Verder ontbreek lêerfilters vir die omskakeling van die direkte mededingers soos OpenOffice.org of StarOffice.

Nuwere weergawes van Word ondersteun egter 'n XML-gebaseerde lêerformaat, WordprocessingML. Hierdie XML-lêer kan makliker gelees en geskryf word en is, nadat verskye regerings op grond van die propiëtêre lêerformaat gedreig het om Microsoft Officepakket nie langer te gebruik nie, aan die einde van Januarie 2005 vrygegee. Die dokumente in XML-formaat is egter ietwat groter, aangesien XML 'n groter oorhoofse koste het.

By digitale publikasie of inligtinguitruiling van dokumente in Microsoft Wordformaat is versigtigheid nodig, aangesien die laaste veranderings in die teks sigbaar gemaak kan word as die snelstoorfunksie, weergawebeheerfunksie, of die wysigingsvolgfunksie aktief is. Uit veiligheidstegniese oogpunt gesien is ook die wagwoordbeveiliging in MS-Officedokumente nie betroubaar nie.[1]

[wysig] Weergawes

Weergawes vir MS-DOS:

Weergawes vir Apple Macintosh:

  • Januarie 1985 - Word 1 vir Macintosh
  • 1987 - Word 3
  • 1989 - Word 4
  • 1991 - Word 5
  • 1993 - Word 6
  • 1998 - Word 98
  • 2000 - Word 2001, die laatste versie wat met Mac OS 9 kompatibel is
  • 2001 - Word v.X, die eerste versie vir Mac OS X
  • 2004 - Word 2004

Weergawes vir 16-bis-Windows:

  • November 1989 - Word vir Windows
  • 1991 - Word 2 vir Windows
  • 1993 - Word 6 vir Windows: Die versies 3, 4 en 5 is oorgeslaan sodat die weergawenommer van die Mac- en Dosversies gelykgestel word asook die weergawenommers van WordPerfect, wat destyds die hoofmededinger van MS Word was. In Word 2 was daar reeds 'n skripttaal "Word Basic", waarmee take geoutomatiseer kon word.

Weergawes vir 32-bis-Windows:

  • 1995 - Word 7.0, ook "Word 95" genoem (o.a. bestanddeel van Office 95)
  • 1997 - Word 8.0, ook "Word 97" genoem (o.a. bestanddeel van Office 97)
  • 1999 - Word 9.0, ook "Word 2000" genoem (o.a. bestanddeel van Office 2000)
  • 2001 - Word 10.0, ook "Word 2002" of "Word XP" genoem (o.a. bestanddeel van Office XP)
  • 2003 - Word 11.0, ook "Word 2003" respektiewelik "Microsoft Office Word 2003" genoem (o.a. bestanddeel van Office 2003). Die versie 11.6113.5703 kenmerk daarby die RTM-versie, na installasie van Service Pack 1 het Word 2003 die versie 11.6359.6360.
  • Word 12.0 - "Office 12", geplan vir eind 2006 en verskyn gelyk met Windows Vista

Vanaf weergawe 7.0 word die weergawenommers gelyk met andere Office-produkte soos Excel, Powerpoint, Access gevoer. Sedert hierdie weergawe is ook VBA beskikbaar.

Weergawes vir SCO UNIX:

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -