See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Japannees - Wikipedia

Japannees

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Japannees (日本語 / にほんご ?) is die amptelike taal van Japan en word deur 122 miljoen mense in Japan as eerste taal gepraat en deur meer as een miljoen as tweede taal. Dit word ook deur Japannese immigrante gemeenskappe in verskeie dele van die wêreld gepraat. Die totale aantal Japannese sprekers word op 130 miljoen geskat wat dit die sesde grootste taal ter wêreld maak.[1][2]

Japannees is 'n agglutinatiewe taal[3] en word gekenmerk deur 'n ingewikkelde stelsel van beleefdheidsvorme, genaamd keigo, wat die hiërargiese struktuur van die Japannese samelewing reflekteer, met werkwoordvorme en besondere woordeskat wat afhang van die relatiewe status van die spreker, luisteraar en die persoon wat in die gesprek genoem word.[2] Die klank inventaris van Japannees is betreklik klein en dit het 'n leksikaal bepaalde toon-aksent stelsel. Kennis oor vroeë Japannees is hoofsaaklik gegrond op die taal in die 8ste eeu, toe drie belangrike werke in Oud Japanees saamgestel is; maar kleiner stukke ouer materiaal, hoofsaaklik inskripsies, bestaan wel. Klassifikasie van die Japannese taal en van die Japonse tale met betrekking tot ander tale is tans onseker.[4] Die vroegste getuienis van Japannees is in 'n Sjinese dokument uit 252 n.C.

Die Japannese taal word met 'n kombinasie van drie verskillende tipes skrif wat die Japannese skryfstelsel opmaak geskryf: Sjinese karakters genaamd kanji (漢字 かんじ), en twee lettergrepige skrifte wat bestaan uit aangepaste Sjinese karakters, hiragana (平仮名 ひらがな) en katakana (片仮名 カタカナ). Die Latynse alfabet, rōmaji, word ook baie keer in moderne Japannees gebruik, veral vir maatskappyname en kentekens, advertensies, en wanneer Japannees op rekenaars gebruik word. Westerse styl Arabiese syfers word oor die algemeen vir getalle gebruik, maar tradisionele Sjinees-Japannese syfers is ook algemeen.[3]

Japannese woordeskat is swaar beïnvloed deur leenwoorde uit ander tale. 'n Ruese aantal woorde is uit Sjinees geleen, of is geskep opgrond van Sjinese modelle, oor 'n tydperk van ten minste 1 500 jaar. Sedert die laat 19de eeu het Japannees 'n aansienlike aantal woorde uit Indo-Europese tale, veral Engels oorgeneem. As gevolg van die sepsiale handelsverhouding tussen Japan en eers Portugal in die 16de eeu, en daarna hoofsaaklik Nederland in die 17de eeu, het Portugees en Nederlands ook heelwat invloed uitgeoefen. Die Duitse taalkundige Johann Joseph Hoffmann het 'n stelselmatige ooreenkoms tussen Japannees, Mongoliesen die Mantjoe taal opgemerk.[5]

[wysig] Verwysings

  1. ^ National Virtual Translation Center (NVTC), Japanese, Besoek op 19 Januarie
  2. ^ 2,0 2,1 JSNET.ORG, The Japanese Language, Besoek op 19 Januarie 2008
  3. ^ 3,0 3,1 Shigeru Miyagawa, Massachusetts Institute of Technology, The Japanese Language, Besoek op 19 Januarie 2007
  4. ^ Japanese Language, History of Japanese Language, Besoek op 19 Januarie 2008
  5. ^ Japansche Spraakleer 1867 by Johann Joseph HOFFMANN; International Research Center for Japanese Studies




aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -