See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Henri van Luxemburg - Wikipedia

Henri van Luxemburg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Henri van Luxemburg
Henri van Luxemburg

Henri van Luxemburg of amptelik Henri Albert Gabriel Félix Guillaume vu Lëtzebuerg (gebore op 16 April 1955 in die kasteel van Betzder) is die groothertog van Luxemburg en die sesde Luxemburgse staatshoof uit die dinastie van Nassau-Weilburg. Prins Henri word as die eerste seun van die destydse erfgroothertoglike paar Jean van Luxemburg en Joséphine-Charlotte van Luxemburg gebore en gaan skool in Luxemburg en Frankryk.

Met sy meerderjarigheid in 1973 word aan hom die titel erfgroothertog toegeken. In 1974 kry hy 'n opleiding in die militêre akademie van Sandhurst en word in 1975 offisier. In die Luxemburgse weermag dra hy die titel colonel (kolonel). Daarna studeer hy aan die Universiteit van Genève Politieke Wetenskappe en verwerf in 1980 sy Licence.

Op 14 Februarie 1981 trou hy met Maria Theresia Mestre. Die paar het vyf kinders.

Henri van Luxemburg ontvang die eredoktersgraad van die Sacred Heart University in Fairfield, Connecticut (VSA), die Miami University in Oxford, Ohio (VSA), die Universiteit van Khon Kaen (Thailand) en die Universiteit van Trier (Duitsland).

Van 1980 tot 1998 is hy 'n lid van die Luxemburgse Staatsraad. Op 4 Maart 1998 word hy volgens artikel 43 van die Luxemburgse Grondwet deur sy vader as Lieutenant-Representant benoem.

Op 7 Oktober 2000 neem sy vader Jean vrywillig afstand van die troon, en Henri lê die eed as Groothertog van Luxemburg af.

[wysig] Kinders

Henri saam met die groothertogin, Maria Teresa.
Henri saam met die groothertogin, Maria Teresa.

[wysig] Buiteskakel


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -