See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ernst van Heerden - Wikipedia

Ernst van Heerden

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ernst van Heerden (20 Maart 1916 - 30 September 1997) behoort tot die vooraanstaande Afrikaanse digters. Sy werk sluit vyftien gedigbundels, een epiese gedig, 'n aantal opstelle, reisdagboeke en outobiografiese werke in. Hy is altyd trots op sy gay identiteit. Hy verwerf internasionale bekendheid deur sy gedigte, waarin hy veral op motiewe uit die wêreld van die sport konsentreer. In 1948 word by die Internasionale Poësiekompetisie van die Olimpiese Spele 'n silwermedalje vir sy Ses gedigte aan hom toegeken.

Die boorling van Pearston (Oos-Kaap, Suid-Afrika) verwerf sy matriek by die Hoërskool Grey in Port Elizabeth en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1936 sy M.A. behaal, en aan die Gemeentelijke Unversiteit van Amsterdam, waar hy die digters William Ewart Gladstone Louw (1913-1980), een van Suid-Afrika se belangrikste Digters van Dertig, en Willem Jacobus du Plooy Erlank (1901-1984), beter bekend onder sy pseudoniem Eitemal, ontmoet.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog keer hy na Suid-Afrika terug en doseer aan die universiteite van Stellenbosch en Pietermaritzburg. Vanaf 1943 word hy eers 'n dosent in Engels en later in Afrikaans by die Departement van Onderwyskunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1959 word 'n beurs van die Carnegie-stigting aan hom toegeken, wat hom in stat stel om na die VSA te reis en Amerikaanse Letterkunde te studeer. In die somers van die jare 1963 en 1964 reis hy dwarsdeur Suid-Amerika.

In 1960 word van Heerden 'n dosent in poësie aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. Later word hy 'n senior dosent en in 1967 uiteindelik 'n professor van die Departement Afrikaans en Nederlands.

'n Ernstige siekte lei in 1974 tot die amputasie van sy bene. In 1981 tree hy af as professor. Hy is op 30 September 1997 in die Olivedale-kliniek in Johannesburg oorlede.

Inhoud

[wysig] Werke

[wysig] Poësie

  • Weerlose uur (1942)
  • Verklaarde nag (1946)
  • Die sewe vrese (1951)
  • Die bevryding - 'n epiese gedig in drie dele (1952)
  • Reisiger (1953-1977)
  • Koraal van die dood (1956)
  • Die klop (1961)
  • Op die mespunt (1963; 'n nuwe, hersiene uitgawe is in 1982 deur A.P. Grové saamgestel)
  • Anderkant besit (1966)
  • Teenstrydige liedere (1972)
  • Tyd van verhuising (1975)

[wysig] Reisverhale

  • Etikette op my koffer (1961)
  • Wolk van die mooi weer (1964)

[wysig] Pryse en toekennings

  • 1948: Silwermedalje by die Internasionale poësiekompetisie van die Olimpiese Spele vir sy Ses gedigte
  • 1949: Prys van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) vir 'n gedig wat later onder die titel Die bevrydiging vrygestel is
  • 1962: Hertzog-prys vir Die klop (1961)
  • 1975: Hertzog-prys vir Teenstrydige liedere (1972)
  • 1977: Diploma van die União Brasileira de Escritores van Manaus
  • 1988: WA Hofmeyer-prys en CNA-prys vir Amulet teen die vuur (1987)
  • 1991: Gustav Preller-prys vir literêre kritiek

Eredoktersgrade: Universiteit van die Witwatersrand (1982); Rhodes-universiteit, Grahamstad (1985), Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein (1991); Universiteit van Stellenbosch (1995)

Opgedra aan Ernst van Heerden is 'n spesiale uitgawe van die tydskrif Standpunte, wat in Maart 1981 verskyn het, en 'n gedigbundel met ander digters se werke, wat in 1991 verskyn het.

[wysig] Outobiografiese werke

  • Die aamborstige klok (1966)
  • Die ligtende trein (1988)
  • Die ysterwoud (1976, verskyn in 1982 in Kanse op 'n wrak)
  • Die swart skip (1985)
  • The runner and the shadow (werkbundel, 1986)
  • Amulet teen die vuur (1987)
  • Kwadratuur van die sirkel (1990)
  • Najaarswys (1993)
  • De herfstelike lig (1996)

[wysig] Literêre opstelle

  • Rekenskap (1963)
  • N.P. van Wyk Louw (1963)
  • Die ander werklikheid (1969)
  • Digterlike diagnose (1977)
  • Huis van stemme (1984)
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -