See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Saddam Hussein - Wikipedia

Saddam Hussein

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Saddam Hussein
Saddam Hussein

Saddam Hussein Abd al-Majid al-Tikriti (Arabies: صدام حسين عبد المجيد التكريتي) (Al-Awja naby Tikrit, 28 April 1937 - Bagdad, 30 Desember 2006) was die president en diktator van Irak van 1979 tot 2003.

Inhoud

[wysig] Kinderjare

Hussein was 'n Soenni Moslem en sy familie was eenvoudige skaapwagters. Sy ma het hom blykbaar Saddam genoem wat 'die een wat konfronteer' beteken. Hussein het nooit sy pa geken nie, aangesien diè die familie verlaat het ses maande voor Saddam se geboorte. Sy ma het daarna hertrou en Saddam het drie halfbroers in die proses bygekry. Saddam se stiefpa het hom blykbaar hardhandig hanteer en Saddam het as 'n seun gevlug van sy stiefpa en in Bagdad by sy oom, Kharaillah Tulfah gaan bly. Saddam is later met Tulfah se dogter getroud. Saddam se oom het sy leermeester geword. Tulfah was 'n Irakse nasionalis. Saddam het regte gaan studeer na skool, maar het opgeskop in 1957 en lid van die pan-Arabiese Ba'ath Party geword. Tulfah was ook lid van die party.

Regoor die Midde-Ooste het die gewildheid van pan-Arabisme sterk in hierdie tyd toegeneem, aangevuur deur Gamal Abdel Nasser van Egipte se pan-Arabiese nasionalisme. Dit het mettertyd die koningshuise in die Midde-Ooste laat verkrummel, ook in Irak. In 1958 het weermagleiers onder leiding van Generaal Abdul Karim Qassim, Koning Faisal II van Irak onttroon. Dit het egter nie die Ba'ath Party se goedkeuring weggedra nie en Saddam was in 1959 betrokke in 'n sluipmoordpoging teen Qassim. Hoewel dit onsuksesvol was, is Qassim tog in 1963 in 'n staatsgreep omver gewerp.

[wysig] Saddam word President

Die Ba'ath Party het die nuwe regering oorgeneem en later (in 1968) het 'n neef van Saddam, General Ahmed Hassan al-Bakr het die staatshoof geword. Saddam het 'n vise-president in die nuwe regering geword. Saddam het toenemend 'n rol gespeel in die nuwe regering en sekuriteitsmagte aangestel om teenstand teen die nuwe militêre regering uit te snuffel. Saddam se rol in die regering het sodanig gegroei dat hy die President en leier van die Ba'ath Party in 1979 geword het, hoewel hy eintlik lankal beheer oor die regering uitgeoefen het. Saddam het natuurlik pan-Arabisme bevorder as President, maar ook ekonomiese modernisasie and Arabiese sosialisme gekombineer in sy ekonomiese beleid.

[wysig] Oorloë onder Saddam

Ná ernstige geskille met die Shi'itiese Iran wat Shi'ite rebelle (Shi'ite Moslems is die meerderheid in Irak) ondersteun het, het Saddam Irak in 'n vernietigende oorlog teen Iran gelei. Die oorlog het van 1980-1988 geduur en honderduisende sterftes aan beide kante veroorsaak. Die VSA en die Weste het Saddam en die Irakte regering in hierdie tyd ondersteun, aangesien hulle gekant was teen die radikalistiese Islam wat die Iranse regering se binne- en buitelandse beleid gekenmerk het. Dit was ten spyte daarvan dat Saddam Irak effektief tot 'n eenparty staat omvorm het. Saddam het ook nie-Soenniete in Irak begin onderdruk, veral die Shi'ite meerderheid en Koerde, wat onafhanklikheid in die noorde van Irak bepleit het.

In 1990 het Saddam se weermag Koeweit, wat as 'n antieke provinsie van Irak gesien is, oorgeneem. Dit het internasionale reaksie tot gevolg gehad. Hussein is 'n ultimatum gestel om uit Koeweit te onttrek, of aangeval te word. Saddam het geweier en 'n gealiieerde mag onder leiding van die VSA het Koeweit in die Eerste Golfoorlog eers ontset en later die Irakse weermag vernietig, meestal deur die gebruik van lugaanvalle en later grondtroepe. Saddam se regering het probeer om populêre Arabiese en Moslem sentiment te gebruik deur die skiet van Scud missiele na Israel. Dit was egter nie baie suksesvol nie en Saddam het mindere Moslem/Arabiese steun ontvang.

Irak het ernstige strukturele en ekonomiese skade gelei as gevolg van die oorlog, maar tog het Saddam en sy regering oorleef, hoofsaaklik omdat die doelstelling van die geallieerdes nie was om die regering omver te werp nie, maar om Koeweit te ontset. In die afloop van die oorlog is internasionele sanksies teen Irak ingestel en wapenarsenale is vernietig. Internasionele inspeksies van wapens van massa vernietiging sou ook onderneem word. Saddam het egter brutaal opstande teen sy regering deur beide die Shi'ite suide en die Koerdiese noorde onderdruk. Dit het gelei tot sporadiese Amerikaanse missielaanvalle teen militêre teikens in Irak en die instel van 'n geen-vlug sone vir Irakse vlugtuie oor Shi'ite en Koerdiese gebiede nie.

[wysig] Die val van Saddam

Die 11 September 2001 terroriste aanval op die VSA en die konserwatiewe belange van die Amerikaanse President, George Bush, sou internasionale druk teen Saddam se regering laat toeneem sedert 2001. In reaksie hierop het die VSA inligting ontvang dat Irak besig was met 'n heropbou van wapens van massa vernietiging, insluitende kern- en chemiese wapens. Internasionele reaskie was hewig teen Saddam se regering, en in reaksie het Saddam internasionale wapeninspekteurs toegang tot sy land geweier. Dit het internasionale druk, veral deur die VSA en Brittanje op die Irakse regering veregter. Waar die meeste state voorheen die Eerste Golfoorlog ondersteun het as gevolg van die inval in Koeweit, het regerings soos dié in Rusland, Sjina, Duitsland en Frankryk die Amerikaanse motiewe bevraagteken en meer bewyse oor die kern- en ander wapens gesoek.

Dit het egter nie die Amerikaanse/Britse opmars tot oorlog gestuit nie, wat Saddam verder beskuldig het van samewerking met terroriste groepe. Die nuwe koalisie het op 20 Maart 2003 die oorlog teen Irak begin en binne drie weke alle Irakse teenstand uitgewis. Bagdad is binnegeval en oorgeneem, maar daar was geen spoor van Saddam en sy twee seuns (Udai & Qasay) nie.

Hoewel die twee seuns later in 'n bloedig skietgeveg doodgeskiet is, is Saddam eers op 13 Desember 2003 in 'n bunker noord van Bagdad opgespoor. Hy het gehawend en deurmekaar voorgekom, en dit was duidelik dat hy reeds maande onder die grond weggekruip het.

[wysig] Hofverskyning

Saddam is deur Amerikaanse magte aangehou en eers op 30 Junie 2004 voor die hof gedaag op verskeie aanklagte wat spruit uit massamoorde teen Irakese gedurende sy bewind. Saddam was deurgaans in 'n strydlustige bui gedurende die hofsake en het die proses as onwettig en die regering as 'n Amerikaanse maaksel verklaar. Hy het ook daarop gewys dat geen bewyse van die wapens van massa vernietiging of die samewerking met terroriste ooit uitgewys is nie.

In November 2006 is Saddam egter skuldig bevind op die aanklagte teen hom en aan die galg ter dood veroordeel. Op 30 Desember 2006 is Saddam gehang terwyl sommige van sy klaarblyklik Shi'ite laksmanne hom bespot het.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -