Końskowola
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Końskowola | |
Voivodship | Lublin Woiwodskap |
Munisipale regering | ' |
Burgermeester | |
Area | 9,8 km² |
Bevolking - city - urban - digtheid |
2188 (2005) 223.3/km² |
Gestig | |
City rights | 1532-1870 |
Latitude Longitude |
51°25' N 22°03' E |
Areakode | +48 |
Car plates | LPU |
Twin towns | geen |
Municipal Website |
Końskowola is 'n dorp in suidoos Pole tussen Puławy en Lublin, naby Kurów op die Kurówka rivier. Dit is die hoofdorp van 'n kommune binne die Puławy provinsie en die Lublin Woiwodskap. Die dorp het 'n populasie van 2 188 in die 2004 sensus gehad.
[wysig] Geskiedenis
Die dorp is in die 14de eeu gestig, met die naam Witowska Wola. Konińskawola ('n kombinasie van Jan z Konina (Jan Koniński, Jan van Konin): die naam van die eienaar; en Wola: 'n landbou dorp) is in 1442 aangeteken, maar die naam is eers in die 19de eeu verander na Końskowola.
Die dorp in 8 Junie 1532 geinkorporeer, en as privaat dorp het dit gedien as 'n sentrum vir die voedingstowwe vir die omliggende omgewing. Dit het ook verskeie weefstof fabrieke gehad. Baie mense het geïmmmigreer na die dorp, veral van ander dele van Pole, en Sakse.
Ná die derde verdeling van Pole in 1795, is dit geannekseer deur Oostenryk. In 1809 het dit deel geword van die hertogdom van Warskou en in 1815 van die Koninkryk van Pole.
Ná die Januarie rebellie in 1870 het die dorp sy oktrooi verloor, en nooit weer herwin nie.
Gedurende die Russiese Revolusie van 1905 is betogings en solidariteit stakings georganiseer. Die dorp het weer deel van Pole geword in 1918.
Końskowola is op 15 September 1939 beset deur Duitse troepe gedurende die Tweede Wêreldoorlog. 'n Krygsgevangeniskamp (wat gou weer gelikwideer is) en kampe vir slawerny (wat op plase gewerk het, en paaie en spoorbane gebou het tot 1943) is deur die Duitsers opgestel.
'n Ghetto is opgerig, waarna baie groepe Jode, insluitende van Slowakye, verplaas is. Op 8 Mei 1942 is baie Jode na die Sobibor-verdelgingskamp geneem. 'n Menseslagting is in Oktober deur die Duitse reserwe polisie bataljon 101 uitgevoer van tussen 800 en 1 000 Jode, insluitende vroue en kinders. Die oorblywende bewoners van die ghetto is na ander kampe verplaas.
In 1944 het die Duitsers beplan om die dorp af te brand met die aantog van die anti-Fascistiese magte. Vegters van die Poolse ondergrondse Armia Krajowa, en die Bataliony Chłopskie, het op 25 Julie 1944 die Duitsers aangeval; en later met die Sowjetmagte die area oorwin.
[wysig] Toerisme
'n Rooms-Katolieke kerk met grafte van die Opaliński and Lubomirski families wat in 1670 gerestoureer is, 'n Rooms-Katolieke kerk wat in 1613 in die Lublin Renaissance argitektoniese styl gebou is, en die ruïne van 'n Lutherse begraafplaas is toeriste attraksies.
Die dorp is ook bekend as die plek waar die Poolse digters Franciszek Dionizy Kniaźnin en Franciszek Zabłocki gesterf het.
Die Poolse skrywer Henryk Sienkiewicz wat 'n Nobelprys vir letterkunde gewen het, het die dorp in sy roman Met vuur en swaard vermeld: "baie swak bier ook in hierdie Końskowola, het Mr. Zagłoba opgemerk".