See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Calvinisme - Wikipedia

Calvinisme

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Calvinisme is 'n stroming in die protestantse Christendom wat gebaseer is op die teologiese leer van die hervormer Johannes Calvyn, asook die daaruit voortspruitende sosiale en politieke leer.

Calvinisme sorg vir die tweede fase van die Protestantse Hervorming, toe evangeliese kerke begin vorm het na Luther verban is uit die Rooms-Katolieke Kerk. Calvinisme ontstaan dus uit die Lutherse beweging (Calvyn het self ook die Lutherse Augsburgse Geloofsbelydenis geteken in 1540). Calvyn se invloed was egter groter by die Switserse Hervorming wat nie Luthers was nie, maar eerder onder die invloed was van Huldrych Zwingli. Calvinisme het ook groot invloed gehad in Frankryk, Skotland (waar John Knox die Calvinistiese denke verbreed het) en ook die Nederlande.

Dit het duidelik geword dat die Gereformeerde kerke se dogma besig was om in 'n rigting te ontwikkel onafhanklik van Luther s'n, onder die invloed van vele skrywers en hervormers, waaronder Calvyn vooraanstaande was, en hierdie vorm van dogma het só bekend begin staan as Calvinisme. Calvinisme verwys dus nie net na die bewegings wat spesifiek gebasseer is op die leer van Calvyn nie, maar verwys ook in die algemeen na Protestantse dogmas van nie-Lutherse nationale kerke in Protestantse lande asook verskeie klein Protestantse hervormingsbewegings - Hervormde kerke wat buite die Katolieke Kerk in die sestiende eeu gevorm het.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -