Tallinn
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Estland |
Koördinate | 59°26' N, 24°46' W |
Oppervlak: | |
- Totaal | 159,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 44 m |
Bevolking: | |
- Totaal (April 2007) | 400 016 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 512,7/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 505 000 |
Tydsone | EET (UTC +2) Somertyd: EEST (UTC +3) |
Burgemeester | Jüri Ratas |
Amptelike Webwerf | tallinn.ee |
Tallinn (wat ook onder sy historiese naam Reval bekend staan) is die hoofstad en grootste stad van Estland (Noordoos-Europa). Die stad lê aan die Golf van Finland in die noord-weste van Estland, teenoor die Finse hoofstad Helsinki. Tallinn is 'n belangrike nywerheid- en kulturele sentrum en die beduidendste Estiese seehawe.
Voordat Tallinn in 1721 aan Rusland afgestaan is, was dit 'n besitting van die geestelike Duitse Swaardridder- en later van die Duitse Orde (1346-1561) en Swede (1561-1710). In 1919 het dit die hoofstad van die onafhanklike Republiek van Estland en was ná die inlywing by die Sowjetunie tussen 1940 en 1991 die hoofstad van die Estiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Ná die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het Tallinn weer die hoofstad van 'n onafhanklike Estiese staat geword.