Hamburger SV
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Volledige naam | Hamburger Sport-Verein e.V. |
Bynaam | {{{Bynaam}}} |
Opgerig | 29 September 1887 |
Stadion | HSH Nordbank Arena (voorheen bekend as die Volksparkstadion) |
Kapasiteit | 57 000 |
Voorsitter | Bernd Hoffmann |
Afrigter | Huub Stevens |
Kompetisie | Bundesliga |
Hamburger SV (HSV) is 'n Duitse sportklub uit die stad Hamburg, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder meer afdelings vir yshokkie, tafeltennis, krieket, pluimbal, bofbal, basketbal, rolbal, gholf, gimnastiek, handbal, hokkie, karate, atletiek, rugby, swem, tennis en vlugbal. Die sokkerafdeling speel reeds sedert 1919 onafgebroke op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur en het nog nooit relegasie ervaar nie.
Die klub se geskiedenis begin op 29 September 1887, toe Der Hohenfelder Sportclub en Wandsbek-Marienthaler Sportclub saamgesmelt het om Sports Club Germania te vorm. Hierdie klub het in 1919 met Hamburg FC (gestig in 1888) en FC Falke (gestig in 1906) saamgesmelt om die huidige Hamburger Sport-Verein te vorm, nadat al drie klubs deur die Eerste Wêreldoorlog verswak gelaat is. Die klubkleure was rooi en wit ter ere van die stad Hamburg, terwyl die blou en swart van die oudste van die stigtersklubs, SC Germania, as die spanwapen in gebruik geneem is.
Die "nuwe" klub was vroeg suksesvol toe die eindstryd om die nasionale titel in 1922 gehaal is teen 1. FC Neurenberg, wat in sy derde agtereenvolgende eindstryd gespeel het. Die wedstryd is as gevolg van swak lig na 3 uur en 10 minute afgelas met die telling 2-2. Die herontmoeting is na 'n lang tydperk van ekstra tyd (met die telling 1-1) ook afgelas nadat Neurenberg slegs 7 spelers oorgehad het (geen reserwes is destyds toegelaat nie). Die besluit van die skeidsregter het tot groot omstredenheid gelei: Die DFB het die titel aan Hamburger SV toegeken, maar 'n beroep op hulle gedoen om in die naam van 'n goeie sportmangees nie die titel te aanvaar nie - waartoe hulle teësinnig ingestem het. Die Viktoriatrofee is op die ou end nie in 1922 toegeken nie. Die klub het die "amptelike" titel die volgende seisoen die eerste keer gewen deur 3:0 met SC Union Oberschöneweide in die eindstryd af te reken.
Tydens die Derde Ryk is die klub in die Gauliga Nordmark ingedeel en na die Tweede Wêreldoorlog in die Oberliga Noord. Hamburger is die enigste klub wat sedert die oprigting (in 1963) onafgebroke in die Bundesliga speel.
[wysig] Erelys
- 1921/1922, 1922/1923, 1927/1928, 1959/1960, 1978/1979, 1981/1982, 1982/1983
DFB-Pokal (3)
Ligapokal (2)
Europese beker I (1)
Europese beker II (1)
Intertotobeker (1)
[wysig] Onlangse ligaposisionering
|
|
[wysig] Eksterne skakels
Bundesliga seisoen 2007/08 | |
MSV Duisburg - DSC Arminia Bielefeld - Bayer 04 Leverkusen - FC Beiere München - VfL Bochum - BV Borussia Dortmund - Karlsruher SC - Eintracht Frankfurt - FC Energie Cottbus - Hannover 96 - Hertha BSC Berlyn - Hamburger SV - FC Hansa Rostock - 1 FC Neurenberg - FC Schalke 04 - VfB Stuttgart - SV Werder Bremen - VfL Wolfsburg |