Super 14
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Super 14 is die grootste rugby klubkampioenskappe in die suidelike halfrond en bestaan uit spanne vanaf Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië. Die 14 spanne wat aan die kompetisie deelneem speel elk een keer teen mekaar. Die top vier spanne dring deur na die halfeindstryd. Die wenners van die halfeindstryd speel dan in die eindstryd om die algehele wenner te bepaal.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Die huidige Super-reeks het in 1996 'n aanvang geneem en as die Super 12 bekend gestaan totdat nog twee spanne in 2006 toegelaat is tot die reeks. Die Super 14 is die laaste klompie jare deur die Crusaders van Canterbury in Nieu-Seeland en die Brumbies van Canberra in Australië oorheers, maar in 2007 het die Blou Bulle die kompetisie in Pretoria, Suid-Afrika gewen. Die 2008 kampioenspan is die Crusaders van Canterbury, Nieu-Seeland.
[wysig] Spanne
Spanne wat deelneem is (met die span se hoofsentrum in hakies):
[wysig] Nieu-Seeland
- Crusaders (Canterbury)
- Blues (Auckland)
- Chiefs (Hamilton)
- Highlanders (Dunedin)
- Hurricanes (Wellington)
[wysig] Suid-Afrika
- Blou Bulle (Pretoria)
- Haaie/Sharks (Durban)
- Leeus/Lions (Johannesburg)
- Stormers (Kaapstad)
- Cheetahs (Bloemfontein)
[wysig] Australië
[wysig] Vorige wenners
Vorige wenners van die Super 14 reeks is:
- 1996: Blues
- 1997: Blues
- 1998: Crusaders
- 1999: Crusaders
- 2000: Crusaders
- 2001: Brumbies
- 2002: Crusaders
- 2003: Blues
- 2004: Brumbies
- 2005: Crusaders
- 2006: Crusaders
- 2007: Blou Bulle
- 2008: Crusaders