See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Leander Starr Jameson - Wikipedia

Leander Starr Jameson

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Sir Leander Starr Jameson, 'n gekwalifiseerde mediese spesialis, was 'n gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman en eerste leier van die Unionisteparty in Suid-Afrika.

Inhoud

[wysig] Vroeë jare

Hy is in 1853 in Edinburgh, Skotland, gebore, dieselfde jaar as sy twee lewenslange kollaborateurs, Cecil John Rhodes en Alfred Beit. Na hy skole in Skotland en Engeland bygewoon het, het hy verder gestudeer aan die University College, Londen. Hy was 'n sensitiewe maar begaafde student en het as spesialis in Wene, Oostenryk, gekwalifiseer. Toe ene dr. Pince van Kimberley aan die University College skryf om 'n vennoot in sy praktyk te versoek, is dr. Jameson aanbeveel.

[wysig] Na Suid-Afrika

In Kimberley het hy kort voor lank erkenning gekry as die knapste dokter op die Diamantvelde. Hy was baie gewild en het 'n hegte vrienskap met Rhodes gesmee. Namens Rhodes het Jameson drie opeenvolgende sendings na Lobengula, koning van die Matabele onderneem van 1889 en 1890. Die sendings het uitgeloop op 'n konsessie deur Lobengula aan die British South Africa Company.

[wysig] Imperialisme

Hoewel Jameson die Pioneer Column vergesel het, het hy geen amptelike posisie beklee nie, buiten as "verteenwoordiger van Rhodes". In 1891 is hy egter aangestel as administrateur van Mashonaland, waar hy baie gewild onder die nedersetters was. Na die Matabele in die oorlog van 1893 verslaan is, het Matabeleland in 1894 ook onder die administrasie van "dr. Jim" gekom.

In 1895 was hy ten nouste as leier betrokke by die Jameson-inval. Na sy oorgawe aan die Boere is hy aan die Britse regering uitgelewer en in Londen verhoor. Die verhoor het sewe dae geduur en hy is gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf, wat hy nie uitgedien het nie omdat hy in Desember 1896 weens swak gesondheid vrygelaat is. Hy het in 1898 teruggekeer na Rhodesië waar hy 'n uitgebreide reis met die roete van die voorgenome telegraaf- en spoorlyne onderneem het.

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het hy sy diens aan die Imperiale Regering aangebied en Ladysmith tydens die beleg bereik, maar sy gesondheid het ingegee.

[wysig] Politieke loopbaan

In 1900 het hy lid van die Kaapse Parlement geword en vinnige opgang danksy sy gewildheid gemaak. Met Rhodes se dood in 1902 word hy leier van die Progressive Party en in 1904 eerste minister. Hy was, tot baie se verbasing, nie lid van die eerste Unie-kabinet nie, maar word in 1910 leier van die Unionisteparty en dus van die Amptelike Opposisie.

In 1912 tree hy uit die politiek en gaan woon in Londen, waar hy in 1917 sterf.

[wysig] Bronne

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -