Jiddisj
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jiddisj ייִדיש |
|
---|---|
Taalgebied : | Verenigde State, Verenigde Koninkryk, Litaue, Rusland, Israel, Oekraïne, België, Duitsland, Belarus, Kanada, Brasilië, Argentinië en ander lande. |
Sprekers: | 3 miljoen[1] |
Taalfamilies: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Hoog-Duits Jiddisj |
Skryfstelsel: | Gebruik 'n alfabet wat op Hebreeus gebaseer is |
Amptelike status | |
Ampstaal : | Joodse Autonome Oblast (in Rusland); word offisieel as 'n minderheidstaal in Swede en Moldawië herken. |
Taalbeheer : | Geen offisiële liggame nie; YIVO[2] de facto |
Kodes | |
ISO 639-1 : | yi |
ISO 639-2 : | yid |
ISO 639-3 : | yid — Jiddish (generies) ydd — Oos-Jiddish yih — Wes-Jiddish |
Jiddisj of Mame-Loschen ("Moedertaal") is die taal van die Joodse bevolking van Pole in Rusland, wat uit die bestaande Joodse verkeerstaal - 'n Middelhoogduitse dialek met Hebreeuse leenwoorde - ontwikkel word.
Nadat die Joodse bevolking van Sentraal-Europa in die laat Middeleeue na die oostelike deel van die vasteland verdryf is, leef hulle in spesifieke buurte, die "stetl", van Slawiese stede. Jiddisj oorneem 'n groot aantal leenwoorde en wendings uit Pools en Russies, maar bly danksy die oorwegend Duitse woordeskat wesentlik 'n Germaanse taal, wat met die Hebreeuse alfabet geskryf word en 'n ryke literêre tradisie het. Die tydperk tussen 1800 en 1900 word as die Goue Era van die taal beskou.
Die Jiddisje taal word in twee hoofdialekte, Wes-Jiddisj en Oos-Jiddisj, verdeel. Met die Europese Verligting en die toelating tot volledige burgerregte begin die meerderheid van die Wes-Europese Joodse bevolking die plaaslike tale oor te neem.
Voor die Tweede Wêreldoorlog is daar sowat 10 miljoen sprekers van die taal, waarvan net 3 miljoen die massamoorde tydens die Nazi-heerskappy oorleef het.
Grootskaalse emigrasie het die taalgebied van Jiddisj veral na Israel en die Verenigde State verskuif.
[wysig] Verwysings
- ^ Yiddish, Eastern, by Ethnologue. Laaste besoek 17 Oktober 2006.
- ^ YIVO - Yidisher Visnshaftlekher Institut, "Joodse Wetenskaplike Instituut"
Indo-Europese tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies | Goties | Vandaals |