Hebreeus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hebreeus is 'n semitiese taal wat deur baie Jode in Israel as moedertaal gebesig word. Die Ou Testament van die Bybel (deur die Jode Tanach genoem) is hoofsaaklik geskryf in Hebreeus.
Bybelse Hebreeus kan ten minste in Oud-Hebreeus, Middel-Hebreeus en Laat-Hebreeus opgedeel word. Laat-Hebreeus is bekend vir heelwat Aramaïsmes terwyl Oud-Hebreeus dikwels kripties is. Die lidwoord word ook dikwels uitgelaat. Verdere ontwikkelinge van die Hebreeuse taal is Rabbynse Hebreeus en Moderne Hebreeus wat herleef het met die opkoms van die moderne staat Israel. Moderne Hebreeus is ook bekend as Ivrit.