See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Dolfyn - Wikipedia

Dolfyn

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Dolfyn
{{{status}}}
Tydperk: {{{fossil_range}}}
Streepdolfyn
Streepdolfyn
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: {{{domain}}}
Superkoninkryk: {{{superregnum}}}
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: {{{subregnum}}}
Superdivisie: {{{superdivisio}}}
Superphylum: {{{superphylum}}}
Divisie: {{{divisio}}}
Phylum: Chordata
Subdivisie: {{{subdivisio}}}
Subphylum: {{{subphylum}}}
Infraphylum: {{{infraphylum}}}
Mikrophylum: {{{microphylum}}}
Nanophylum: {{{nanophylum}}}
Superklas: {{{superclassis}}}
Klas: Mammalia
Subklas: {{{subclassis}}}
Infraklas: {{{infraclassis}}}
Superorde: {{{superordo}}}
Orde: Cetacea
Suborde: Odontoceti
Infraorder: {{{infraordo}}}
Superfamilie: {{{superfamilia}}}
Familie: Delphinidae
Subfamilie: {{{subfamilia}}}
Superstam: {{{supertribus}}}
Stam: {{{tribus}}}
Substam: {{{subtribus}}}
Genus: {{{genus}}}
Subgenus: {{{subgenus}}}
Seksie: {{{sectio}}}
Reeks: {{{series}}}
Spesie: {{{species}}}
Subspesie: {{{subspecies}}}
[[{{{diversity_link}}}|Verskeidenheid]]
{{{diversity}}}
Binomiale naam
{{{binomial}}}
Trinomiale naam
{{{trinomial}}}
Tipe Spesies
{{{type_species}}}
{{{subdivision_ranks}}}
{{{subdivision}}}
[[Image:{{{range_map}}}|{{{range_map_width}}}|]]
Sinonieme
{{{synonyms}}}

'n Dolfyn is 'n waterlewende soogdier, verwant aan die walvis en tornyn. Die naam ontspring van die ou-Griekse delphis wat beteken met 'n baarmoeder, met ander woorde 'n vis met 'n baarmoeder. 'n Groep dolfyne word 'n skool genoem.

Die woord dolfyn kan verskeie gegewe impliseer:

  1. Enige lid van die familie Delphinidae (seedolfyne),
  2. Enige lid van die families Delphinidae en Platanistoidea (see- en rivierdolfyne),
  3. Enige lid van die suborde Odontoceti (tandwalvisse wat bogenoemde families en sommige ander insluit),
  4. Dit kan ook gewoon gebruik word as 'n sinoniem vir die Indiese oseean-stompneusdolfyn, die mees algemene en bekende spesie dolfyn.

Hierdie artikel verwys na die tweede betekenis.

Tornyne (die suborde Odontoceti, familie Phocoenidae) is dus nie dolfyne in hierdie betekenis nie. Aan die ander kant behoort die moordvis wel aan die familie en word hulle beskou as dolfyne, terwyl hulle gewoonlik as 'n soort walvis in die spreekstaal beskou word.

Daar bestaan 32 spesies in 17 genera, by verre die grootste familie van setaseë. In Suider-Afrika is daar 19 spesies opgeteken.

Inhoud

[wysig] Fisiese voorkoms

Die dolfyne is klein tot gemiddelde grootte setaseë, en wissel vanaf omtrent 1,5m in lengte en 50kg in gewig, tot amper tien meter en 7000kg. Die mannetjies is gewoonlik groter as die wyfies.

Die dolfyn het 'n baie karakteristieke kopvorm; dit lyk asof die voorkop uitdruk bo-oor die bekagtige snawel, weens die teenwoordigheid van 'n lensvormige vetlaag daar. Die dolfynliggaam is gewoonlik glad en gestroomlyn. Die meeste het wel dorsale vinne. Sommige spesies het baie treffende kleurpatrone oor hul liggame. Die dolfynkaak het baie tande (tot soveel as 250 in sommige spesies). Die dolfynbrein is groot en het 'n hoogsontwikkelde korteks. Hulle is waarskynlik baie intelligent.

[wysig] Ontstaansgeskiedenis van dolfyne

Dolfyne is afstammelinge van landbewoners, waarskynlik die orde Artiodactyla (die gelyktonige hoefdier). Hedendaagse dolfyngeraamtes het twee klein staafvormige bekkenbene wat waarskynlik die oorblyfsels van agterpote is. Dit word beraam dat hulle teruggekeer het na die water ongeveer 50 miljoen jaar gelede.

[wysig] Gedrag

Dolfyne lewe gewoonlik in vlak water, of bly naby aan die oppervlakte van die water. Hulle is vinnige swemmers en jag veral vis en seekat. Die moordvis is die enigste dolfynsoort wat ook warmbloedige diere jag. Hulle maak gebruik van eggo-lokalisering om hul prooi op te spoor. Dit begin te blyk asof hulle selfs hoë-intensiteit ultrasoniese klank gebruik om hulle prooi te verdwaas.

Hulle is baie sosiale diere en kan in groepe tot so groot as 100,000 individue lewe. Die gewone grootte van die skool is meestal ongeveer 12. Die individue van 'n groep werk saam, soos wanneer hulle haaie aanval en dood; of wanneer hulle 'n dier wat siek is of beseerd, bystaan. Groepe dolfyne volg dikwels skepe, en ry in die brander veroorsaak deur die skeepsboeg. Hulle kan indrukwekkend hoog uit die water spring, en doen dit soms gesamentlik. Spel is 'n belangrike deel van hulle lewe. Hulle word opgemerk waar hulle speels met mekaar veg, of met seewier; en pla ander diere ook op 'n manier wat net aspris lyk, soos seevoëls en waterskilpaaie.

Dolfyne ry branders by Snapper Rocks, Queensland, Australië.
Dolfyne ry branders by Snapper Rocks, Queensland, Australië.

Dolfyne kommunikeer met mekaar deur 'n wye verskeidenheid van kliek-, fluit- en ander geluide. (Sien ook die artikel Walvisgesang.)

In Mei 2005, het navorsers in Australië ontdek dat Atlantiese oseean-stompneusdolfynmoeders (van die spesie Tursiops aduncus) hulle kinders leer om gereedskap te gebruik. Die dolfyne breek kegelvormige sponse af (wat maklik oor hulle snawel pas, en nie afval nie) en beskerm so hulle bek teen besering as hulle jag vir vis op die seebodem. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat sulke gedrag in 'n seedier bemerk word, iets wat tevore nog net onder die primate en 'n paar voëlsoorte bemerk is. (Die verwysing: Dolphins teach their children to use sponges)

[wysig] Sintuie

Dolfyne hoor en sien uiters goed. Onderwaterse gehoor word aangehelp deurdat die kakebeen die klanktrillings gelei na die middeloor. Hulle tassintuig is ook goed ontwikkel, asook hul smaaksintuig. Hulle kan nie ruik nie.

[wysig] Kos

Dolfyne is roofdiere, en vang hulle prooi terwyl hulle vinnig aan't swem is. Die prooi word gewoonlik heel ingesluk. Die moordvis jag ook seesoogdiere, insluitende groot walvisse.

[wysig] Bronne

  • Animal Diversity Web.
  • Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.

[wysig] Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -