Chordata
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Chordata (of "gekoordes") is die phylumnaam vir 'n groep diere, wat die gewerweldes, maar ook 'n groep nabyverwante ongewerweldes insluit. Die gemeenskaplike faktore van al hierdie diere is dat hulle op een of ander stadium van hulle lewens rugkoorde; hol dorsale senu-koorde; faringeale splete; endostiele; en gespierde sterte wat verby die anus strek; gehad het. Sommige wentenskaplikes redeneer egter dat die ware kwalikasie faringeale sakkies eerder as gleuwe moet wees.
Die phylum Chordata word onderverdeel in drie subphylums:
- Urochordata – Die larwe het 'n rugkoord en 'n senukoord, maar dit verdwyn teen volwassenheid.
- Cephalochordata – Die dier het 'n rugkoord en 'n senukoord, maar geen werwels nie.
- Vertebrata – Behalwe vir in die geval van die slymprik, is die dorsale hol senukoord omring deur kraakbeenagtige of benige werwels in die dier. Die rugkoord is gewoonlik verklein of afwesig in die volwassene.
Die chordate en twee suster phyla, die hemichordates en die echinoderms, verteenwoordig die deuterostome, 'n superphylum.
Daar word bespiegel dat die phylum ontstaan het as gevolg van paedomorfie wat in 'n primitiewe dier soos 'n spons of koraal plaasgevind het.
Die ekstant groepe van chordate is verwant soos in die phylogenetiese boom hieronder aangetoon word. Hulle pas nie goed in by die tradisionele groepe nie, en as gevolg hiervan is vertebrate klassifikasie in a vloeibare staat, alhoewel hulle verwantskappe nie goed verstaan word nie.
Die nie-uitgestorwe Chordata word hieronder aangetoon soos hulle in verhouding met mekaar staan in 'n filogenetiese stamboom:
Phylum Chordata
- Subphylum Urochordata
- Subphylum Cephalochordata
- Craniata (diere met skedels)
- Subphylum Myxini (slymprikke)
- Subphylum Vertebrata (diere met rugwerwels)
- Klas Cephalaspidomorphi (lampreie)
- Gnathostomata (gewerweldes met kake)
- Klas Chondrichthyes (kraakbeenvis)
- Teleostomi (vis met gebeendere, ~ Osteichthyes)
- Klas Acanthodii
- Klas Actinopterygii (rog-gevinde vis)
- Klas Sarcopterygii (kwab-gevinde vis)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
- Klas Amphibia (amfibieë)
- Amniota (amniotiese eier)
- Klas Synapsida (soogdieragtige reptiele)
- Klas Mammalia (soogdiere)
- Klas Sauropsida (die meeste van die hedendaagse reptiele)
- Subklas Anapsida
- Order Testudines (waterskilpaaie)
- Subklas Diapsida
- Order Lepidosauria (akkedisse, slange, en die tuatara, 'n likkewaanagtige dier van Nieu-Seeland)
- Archosauria
- Subklas Anapsida
- Klas Synapsida (soogdieragtige reptiele)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |