Bok van Blerk
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bok van Blerk, gebore Louis Pepler, is 'n Afrikaanse musikant wat in 2006 bekendheid verwerf het met die liedjie De la Rey geskryf deur Sean Else en Johan Vorster. [1]
Van Blerk het in Pretoria op Laerskool Menlopark skool gegaan en aan Hoërskool Die Wilgers gematrikuleer.[2] Nadat hy konstruksiebestuur gestudeer het, het hy vir 'n tydlank in die buiteland gewerk.[1]
In Maart 2006 kom die album “Jy praat nog steeds my taal” deur Bok van Blerk en die Mossies uit. Dieselfde album word in Oktober 2006 weer vrygestel hierdie keer onder die naam De La Rey, en met die kunstenaar nou slegs as Bok van Blerk aangegee. Volgens Van Blerk is die mossies verwyder aangesien sy mede sanger, Tanya van Graan, te besig was met modelwerk. Van Blerk word begelei deur Jaco Mans (asook somtyds Manie van Niekerk) op hoofkitaar, Francois Coetzee op bas-kitaar en Natan Smit as drommer.[1]
Op 6 Februarie 2007 het die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur 'n verklaring oor die liedjie De la Rey uitgereik. Die stap het gevolg op omstredenheid wat ontstaan het rondom die liedjie as gevolg van die gewildheid van die liedjie in regse kringe waar dit geïnterpreteer word as 'n oproep tot gewapende stryd. By van Van Blerk se konserte het van die toeskouers ook die ou Suid-Afrikaanse vlag en die Vierkleur rondgeswaai. In 'n Huisgenoot artikel het die tydskrif Minister Pallo Jordan uitgedaag om kommentaar te lewer op die liedjie en die boodskap wat daarin gelees word. In die verklaring spreek die Ministerie sy kommer uit dat die liedjie deur regse elemente gekaap kan word, maar wens die sanger egter voorspoed toe met die liedjie. Die minister verklaar ook dat hy nie 'n probleem het met protes of die mobilisering van opposisie nie so lank dit binne die raamwerk van die wet plaas vind.[3] [2]
Van Blerk self sê dat hy nie hom nie vereenselwig met die ou landsvlag nie en dat hy nie daarmee geassosieer wil word nie. Hy beywer hom egter wel vir Afrikaans en het byvoorbeeld geweier om deel te neem aan die radiostasie 94.7 Highveld se musiekkonsert as gevolg van die radiostasie se beleid om geen Afrikaanse musiek te speel nie.[4]. Hy maak dit ook duidelik dat hy nie met die Boeremag saam stem nie en dat hy nie glo dat geweld 'n oplossing vir Afrikaners se probleme is nie en wys daarop dat generaal De la Rey ten gunste van vrede was.[2] Koos Kombuis wys ook daarop dat Van Blerk se rugby-liedjie oor die bruin rugbyspeler, Bryan Habana, handel.[5]
Op 19 Februarie het die Van Blerk die prys vir beste video gewen vir die De La Rey video in die eerste MK-toekennings.[6]
Ná die kontroversie wat uitgelok is deur die liedjie De la Rey, het Afrikaanssprekendes verskeie menings oor Van Blerk. 'n Sterk gevoel van volkseenheid word deur die Afrikaanse musiekbedryf gedra. Sommige Afrikaanssprekendes sien vir Bok van Blerk as 'n talentvolle kunstenaar, waar menigte ander hom egter as "kommen" beskryf.
Inhoud |
[wysig] Albums
- De La Rey (Jy praat nog steeds my taal)
- De la Rey
- Praat nog steeds my taal
- Vodka en OJ
- Hatfield Jol
- Die Bok kan blêr
- Lenteblomme
- So waai die wind
- Stuk van jou
- Op Walvisbaai
- '68 Chevy
- Katie
- Girls in bikinis
- Habana!
Jaar uitgereik: 2006 Produksie: Mozi Records Verspreiding: Select Music
[wysig] Kyk ook
[wysig] Eksterne skakels
- Bok van Blerk tuisblad
- De la Rey musiekvideo van MK89 op YouTube
- Video opname van Onderhoud met Bok van Blerk oor 'De la Rey' op Beeld webwerf
[wysig] Verwysings
- ^ 1,0 1,1 1,2 ,Tanya de Vente (Vrouekeur) "Bok van Blerk, 'n bok vir sports, Besoek op 23 Februarie 2007
- ^ 2,0 2,1 2,2 Rapport, Hanlie Retief gesels met Bok van Blerk, Besoek op 23 Februarie 2005
- ^ DKK, Ministry of Arts & Culture on Bok Van Blerks’s Supposed Afrikaans “Struggle Song,” De La Rey and Its Coded Message to Fermenting Revolutionary Sentiments., Besoek op 23 Februarie 2007
- ^ Die BurgerBok sê aikôna vir ou landsvlag én 94.7, Besoek op 23 Februarie 2007
- ^ Litnet Bok van Blerk en die bagasie van veertig jaar, Besoek op 23 Februarie 2007
- ^ MK89 DIE MK AWARDS - AL DIE WENNERS, Besoek op 23 Februarie 2007