Beeld
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Beeld is 'n Afrikaanse koerant wat sedert 16 September 1974 in Johannesburg uitgegee word. Beeld verskyn in vyf van Suid-Afrika se provinsies waar dit ook die enigste Afrikaanse dagblad is: Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal. Dit is die grootste Afrikaanse nuusblad in die land met 'n sirkulasie van meer as 100 000, en die dagblad se leuse lui: "Jou wêreld, Jou koerant".
'n Ander bekende Afrikaanse dagblad, die Burger word beskou as 'n susterkoerant van Beeld. Beeld verskyn van Maandag tot Saterdag. Sondae wanneer die Beeld nie verskyn nie, verskyn die Rapport, die populêrste Afrikaanse Sondagkoerant.