Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Basjkortostan - Wikipedia

Basjkortostan

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Republiek Basjkortostan / Basjkirië
(Республика Башкортостан / Башкирия)

Ligging van Basjkirië in Rusland
Land: Russiese Federasie
Russiese naam: Республика Башкортостан
Plaaslike naam: Башҡортостан Республикаһы
Status: Outonome republiek
Federale distrik: Wolga
Ekonomiese streek: Oeral
Hoofstad: Oefa
Rang: oppervlakte: 27
Oppervlakte: 142 896,7 km²
Wateroppervlakte: 0,3%
Rang: bevolking: 7
Bevolking: 4 104 336 (2002)
Tale: Russies, Basjkirs
Godsdiens: Russies-Ortodoks, soennisme
President: Moertaza Rachimof
Premier: Rafael Baidawletof
Amptelike webtuiste: www.bashkortostan.ru
Volkslied: Volkslied van Basjkortostan
Tydsone: 5

Wapen

Vlag

Basjkortostan of Basjkirië (Russies: Башкортостан of Башкирия; Basjkirs: Башҡортостан Республикаһы) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland).

Basjkortostan grens aan:

  • Perm (noord)
  • Swerdlofsk (noordoos)
  • Tsjeljabinsk (oos/suidoos)
  • Orenboerg (suidoos, suid en suidwes)
  • Tartarstan (wes)
  • Oedmoertië (noordwes)

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die huidige Basjkirse gebied word al baie lank bewoon. Die eerste nedersettings is gestig in die Jong Steentyd. Tydens die Bronstyd het die gebied sterk begin ontwikkel. Die eerste lede van die Abasjewo-kultuur, die eerste beskawing wat hier in die Suidelike Oeral-gebied permanente nedersettings gestig het, het geweet hoe om bronswerktuie, -wapens en –versierings te maak. Die naam "Basjkirs" is in die 9de eeu die eerste keer gebruik vir die mense wat hier woon.

In die 10de eeu het die Islam onder die Basjkirs begin versprei en in die 14de eeu het dit die dominante godsdiens geword. Tot die 16de eeu was die huidige Basjkirië verdeel tussen die kanate van Kazan, Sibir en die Nogai-horde. Toe die kanaat van Kazan hom tussen 1554 en 1555 oorgee aan Iwan die Verskriklike, het afgevaardigdes van die westelike en noordwestelike Basjkirse stamme na Moskou gereis en die tsaar gevra of hulle vrywillig by Moskowië mag aansluit.

Van die eerste helfte van die 16de eeu word die Basjkirse gebied geleidelik omvorm tot ’n bestuursgebied van die Russiese Ryk, die opvolger van Moskowië. Met die Russiese Rewolusies van 1917 het die streek hom tot onafhanklike staat verklaar onder leiding van Zeki Welidi Togan en word dit ’n onderdeel van die kortstondige Moslemstaat Idel-Oeral. In 1922 word Basjkortostan ’n OSSR onder die naam Basjkirse Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek. Dit word op 31 Maart 1992 ’n outonome republiek in die Russiese Federasie.

[wysig] Geografie

Basjkortostan bevat dele van die Suidelike Oeral en die aangrensende vlaktes.

[wysig] Riviere

Die Oefa-rivier met die gelyknamige stad op die agtergrond
Die Oefa-rivier met die gelyknamige stad op die agtergrond

Daar is meer as 13 000 riviere in die republiek. Baie is geskik vir die vervoer van mense en vrag en is bereikbaar vanaf die Oos- en Swartsee.

Die belangrikste riviere is: Belaja (1 430 km), Oefa (918 km), Sakmara (760 km), Ik (571 km), Djoma (556 km), Ai (549 km), Joeroezan (404 km), Bistri Tanip (345 km), Sim (239 km), Noegoesj (235 km), Tanalik (225 km), Zilim (215 km) en Sjoen (209 km).

[wysig] Mere

Daar is sowat 2 700 mere en waterreservoirs in die republiek. Die grootstes is: Asilikoel (23,5 km²), Kandrikoel (15,6 km²), Oergoen (12,0 km²), Pawlofskoje (120,0 km²) en Noegoesjkoje (25,2 km²).

[wysig] Berge

Die republiek is in die suidelike deel van die Oeral-gebergte geleë. Die hoogste berge is:

  • Jamantaoe (1 638 m)
  • Bolsjoi Iremel (1 582 m)
  • Mali Iremel (1 449 m)
  • Arwjakrjaz (1 068 m)
  • Zilmerdak (909 m)
  • Alataoe (845 m)
  • Joermataoe (842 m)

[wysig] Klimaat

  • Gemiddelde jaartemperatuur: 0,3°C (berge) tot 2,8°C (vlaktes)
  • Gemiddelde temperatuur Januarie: -16°C
  • Gemiddelde temperatuur Julie: +18°C
  • Gemiddelde jaarlikse neerslag: 430 mm

[wysig] Bevolking

In 2002 het 4 104 336 mense in Basjkortostan gewoon. Hiervan was 29,8% Basjkirs, 36,3% Russe en 24,1% Tartare. Ander bevolkingsgroepe sluit in die Tsjoewasjiërs met 2,9%, Mari met 2,6% en Oekraïners met 1,3%.

Die amptelike tale is Russies en Basjkirs. Byna alle inwoners praat Russies (96,4%). Sowat 34,0% praat Tartaars en 25,8% Basjkirs.

[wysig] Groot stede en dorpe

  • Oefa (Уфа) – 1 042 437 inwoners
  • Sterlitamak (Стерлитамак) – 264 362
  • Salawat (Салават) – 158 600
  • Neftekamsk (Нефтекамск) – 122 290
  • Oktjabrski (Октябрьский) – 108 647
  • Beloretsk (Белорецк) – 71 093
  • Isjimbai (Ишимбай) – 70 195
  • Toeimazi (Туймазы) – 66 687
  • Koemertaoe (Кумертау) – 65 003
  • Melo-oez (Мелеуз) – 62 949
  • Belebei (Белебей) – 60 928
  • Sibai (Сибай) – 59 082
  • Oetsjali (Учалы) 43 298

[wysig] Ekonomie

Die ekonomie van Basjkortostan is baie afhanklik van sy verouderde olieverwerkingsnywerheid, wat nog uit die tyd van die Sowjetunie kom. Die nywerheid is ná die val van die Sowjetunie grotendeels geprivatiseer. Die grootste deel het beland in die hande van faksies wat aan Rachimof getrou is.

Basjkortostan het groot oliereserwes. Ander belangrike grondstowwe is aardgas, steenkool, yster, goud en gips.

Deelgebiede van Rusland
Outonome republieke Adigea | Altai | Basjkortostan (Basjkirië) | Boerjatië | Chakassië | Dagestan | Ingoesjetië | Jakoetië | Kabardino-Balkarië | Kalmikië | Karatsjai-Tsjerkessië | Karelië | Komi | Mari El | Mordowië | Noord-Ossetië | Oedmoertië | Tartarstan | Tsjetsjnië | Tsjoewasjië | Tiwa
Krais Altai | Chabarofsk | Kamtsjatka | Krasnodar | Krasnojarsk | Perm | Primorski | Stawropol | Zabaikalski (vanaf 1 Maart 2008)
Oblaste Amoer | Archangelsk | Astrachan | Belgorod | Brjansk | Irkoetsk | Iwanowo | Jaroslawl | Kaliningrad | Kaloega | Kemerowo | Kirof | Koergan | Koersk | Kostroma | Leningrad | Lipetsk | Magadan | Moermansk | Moskou | Nizjni Nowgorod | Nowgorod | Nowosibirsk | Oeljanofsk | Omsk | Orenburg | Orjol | Penza | Pskof | Rjazan | Rostof | Sachalin | Samara | Saratof | Smolensk | Swerdlofsk | Tambof | Tjoemen | Toela | Tomsk | Tsjeljabinsk | Twer | Wladimir | Wologda | Woronezj | Wolgograd
Outonome oblaste Joodse Outonome Oblast
Outonome distrikte Chanto-Mansië | Jamalië | Nenetsië | Tsjoekotka
Federale stede Moskou | Sint Petersburg

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu