See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Walt Disney - Wikipedia

Walt Disney

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Walt Disney was 'n Amerikaanse tekenprentvervaardiger en filmmaker. Hy is die vader van tekenprentfilms en die skepper van wêreldbekende tekenprentkaraktertjies soos Donald Duck, Mickey Mouse en Goofy wat kinders en grootmense van oor die hele wêreld al vir dekades lank vermaak. Disneyland met sy tegniese en sprokiesagtige besienswaardighede wat in 1955 naby Los Angeles opgerig is, was Walt Disney se breinkind. So ook Disney World naby Orlando, Florida. Beide pretparke is onder die gewildste toeriste-aantreklikhede in die wêreld.

[wysig] 'n Kort lewensgeskiedenis

Walt Elias Disney is op 5 Desember 1901 in Chicago gebore. Sy pa was 'n rondreisende nutsman; sy ma 'n onderwyseres. As kind het Walt reeds kunstalent geopenbaar en toe die familie Kansas City toe trek, het Walt klasse in die tekenprentkuns geneem by die Kansas City Art Institute and School of Design. Na die Eerste Wêreldoorlog het hy in die reklameveld gewerk en toe in 1923 saam met sy broer, Roy, die Disneystudio opgerig. 'n Kunstenaarsvriend, Ub Iwerks, het by hulle aangesluit. Hy sou later die kreatiewe jong kunstenaarsspan lei wat verantwoordelik was vir menige Disneyfantasië. Ondanks bepaalde suksesse (onder andere kombinasies van gewone en getekende films) het sake eers met die verskyning van die Mickey Mouse reeks koers gekry. In 1928, kombineer Walt Disney die nuwe tegnologie wat klankfilms moontlik gemaak het met 'n wenresepkaraktertjie, Mickey Mouse, en skep 'n nuwe industrie in die proses. In 1937 het Disney die wêreld se eerste vollengte tekenprent, Snow White and the Seven Dwarfs, gemaak. Net soos sy kortfilms was Snow White 'n reuse-sukses. Pinocchio, Dumbo, Bambi, Cinderella, Lady and the Tramp en Fantasia het gevolg. Daarbenewens het hy 'n reeks natuurfilms gemaak, waaronder Beaver Valley, Waterbirds, Living Desert, Vanishing Prairie en African Lion. Op die terrein van die speelfilm vervaardig hy Story of Robin Hood, The Sword and the Rose, Rob Roy en 20 000 Leagues Beneath the Sea. Disney se sukses het gelê in sy vermoë om kreatiewe spanne te organiseer en te koördineer en sy gewilligheid om nuwe tegnologie aan te gryp - hy het nie geaarsel om eers klank, toe kleur, toe televisie as media aan te gryp nie. Hy het besef dat daar net so baie geld te maak was uit die byprodukte van sy films (speelgoed, advertensiekontrakte, ens) as uit die films self. Hy het die idee van 'n reusepretpark omskep in 'n uiters suksesvolle kommersiële werklikheid. Met versiendheid en fyn besigheidsin het hy die wêreld se grootste mediamaatskappy gebou. Walt Disney is op 15 Desember 1966 in Los Angeles aan kanker oorlede. Onlangse artikels gee te kenne dat die beeld van Walt Disney as 'n vrolike, gelukkige man wie se hoofdoel in die lewe was om ander mense se lewens met sy stories op te helder, nie 'n akkurate beeld is nie, maar dat die skepper van stories wat by uitstek gesonde, konserwatiewe familiewaardes uitgedra het, eintlik 'n somber, komplekse, gedrewe persoon was.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -