Taalfamilie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tale word opgedeel in taalfamilies op grond van ooreenkomste tussen tale en 'n oorsprong wat hulle deel. Die klassifikasie van tale is deur August Schleicher (1821-68) begin met sy 'Stammbaumtheorie' (of stamboomteorie).
Hier is die belangrikste taalfamilies:
- Indo-Europees (Afrikaans, Engels, Frans, Grieks, Russies, Sanskrit, Hindi ens.)
- Ural-Altaïes (bv. Fins, Hongaars, Turks en Oesbekies, moontlik Japans en Koreaans) - dikwels onderverdeel in die Fins-Oegriese (Europese) en Altaïese (Asiatiese).
- Kaukasies (bv. Georgies, Zan, Svan)
- Palaeo-siberies (bv. Chukchi en Korjak)
- Dravidiaans (bv. Telugu, Tamil, Kannada en Malayalam)
- Austro-asiaties (bv. Viëtnamees)
- Thais (bv. Lao)
- Sino-tibetaans (bv. Sjinees, Burmees en Tibetaans)
- Niger-Congo (bv. Yoruba, Igbo, Shona, Zoeloe, Xhosa en Sotho)
- Nilo-Sahara (bv. Luo, Dinka en Maasai)
- Khoisan (bv. Khoi en San)
- Afro-Asiaties (bv. Berber tale, Arabies en Hebreeus)
- Austronesies (bv. Malagasy, Maleisies, Polinesies)
- Indo-Pasifies (bv. die tale van die binneland van die eiland Nieu-Guinee)
- Noord-Amerikaanse tale (bv. Dakota en Sioux)
- Suid-Amerikaanse tale
- Inheemse Australiese tale
- Geïsoleerde tale (bv. Baskies)
- Kunsmatige tale (bv. Esperanto)