See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Türkiyemspor Berlyn - Wikipedia

Türkiyemspor Berlyn

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Türkiyemspor Berlyn

Volledige naam Türkiyemspor Berlin e.V.
Bynaam Türkiyem
Stigtingsdatum 1978
Tuisveld Katzbachstadion,
Berlyn
Kapasiteit 5 000
Kompetisie Oberliga Noordoos-Noord

Türkiyemspor Berlyn is ‘n sokkerklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die klub is in 1978 gestig deur ‘n groep jong spelers wat vriendskaplike wedstryde gespeel het as Kreuzberg Gençler Birliği (Kreuzberg Jeugvereniging). Kreuzberg is ‘n stadsdistrik van Berlyn.

Die klub is formeel in 1983 geregistreer as BFC Izmirspor, vernoem na die Turkse stad Izmir, waarmee baie van die destydse spelers bande gehad het.

Die klub is van die begin af finansieel ondersteun deur klein besighede vanuit die Turkse immigrantegemeenskap van Berlyn en in 1987 het die span sy naam verander na Türkiyemspor Berlyn.

Die klub het in 1988, 1990 en 1991 die DFB-Pokal gehaal en in 1991 tot die tweede rondte gevorder. In die 1990/91-seisoen het die klub promosie na die 2. Bundesliga gemis deurdat hulle gestraf is vir die gebruik van 'n ongemagtigde speler. Nadat hulle gedwing is om drie wedstryde oor te speel, het hulle net ‘n gelykopuitslag in die laaste wedstryd van die seisoen nodig gehad. Die span het egter met 0-5 teen Tennis Borussia Berlyn verloor, wat toe gepromoveer het ten koste van Türkiyemspor.

[wysig] Impak van die klub op Duitse sokker

Türkiyemspor word erken as een van die suksesvolste klubs wat uit die Duitse immigrantegemeenskap ontstaan het. Die klub het gehelp om ‘n positiewe beeld van sy gemeenskap te skep en heelwat ander Turks-etniese klubs het in Türkiyemspor se voetspore gevolg. Die naam Türkiyemspor word nou ook gebruik deur klubs in Mönchengladbach, Wuppertal, Breuberg, Amsterdam, Australië en die VSA.

Die klub en sy ondersteuners is ongelukkig ook soms die teiken van vyandigheid en aanvalle deur radikale ver-regse groepe.

[wysig] Onlangse ligaposisionering

  • 1986-87 (IV) Landesliga Berlyn 2de
  • 1987-88 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de
  • 1988-89 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de
  • 1989-90 (III) Am.Oberliga Berlyn 8ste
  • 1990-91 (III) Am.Oberliga Berlyn 2de
  • 1991-92 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de
  • 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de
  • 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos-Sentraal 6de
  • 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 18de
  • 1995-96 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de
  • 1996-97 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de
  • 1997-98 (IV) Am.Oberliga Noordoos-Noord 3de
  • 1998-99 (V) Verbandsliga Berlyn 13de
  • 1999-00 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste
  • 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de
  • 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de
  • 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 12de
  • 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de
  • 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de
  • 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de
  • 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 5de
  • 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord

[wysig] Eksterne skakels


Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen

Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC |
Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn |
Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II |
Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -