Swart Dood
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Swart Dood of die Swart Plaag was 'n gebeurtenis waarin omtrent 'n derde tot twee-derdes van Europa se bevolking tussen 1348 en 1350 gesterf het. Dit was een van die ergste pandemies in die menslike geskiedenis. Dit het in die Suid-Weste van Asië begin en het in die 1340's na Europa uitgebrei. Die totale dodetal regoor die wêreld was ongeveer 75 miljoen.
Dieselfde plaag het na elke generasie weer in verskillende grade van intensiteit na Europa teruggekeer tot die 1700's. Latere uitbraak sluit die Italiaanse plaag van 1629-1631, die Groot Plaag van Londen (1665-1666), die Groot Plaag van Wene (1679), die Groot Plaag van Marseille in 1720–1722 en die plaag in Moskou wat in 1771 was.
Die Swart Dood het 'n drastiese afname van Europa se bevolking tot gevolg gehad sowel as 'n drastiese verandering in die sosiale struktuur. Dit was 'n reuse terugslag vir die Rooms-Katolieke Kerk.