See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wikipediabespreking:Rekenaarterme - Wikipedia

Wikipediabespreking:Rekenaarterme

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Mense het my gevra oor rekenaarterme, en ek het so 'n bietjie ondervinding daarmee. Ek wil nie voorgee dat ek die groot outoriteit is nie; soos ek in die artikel sê, daar is reeds soveel swak werk van mense wat goed bedoel, maar nie baie goed doen nie. Ek het die lys sommer begin met enkele van die goeters wat onlangs nodig was, en sal dit miskien probeer bywerk. Hoe gesaghebbend is hierdie lys? Ek probeer om terme wat moontlik nie algemeen aanvaar word nie met iets soos "moontlik" aan te dui of met alternatiewe. Alternatiewe kan ook weer probleme gee omdat dit mense kan verwar. Ek glo almal weet dat ek net die beste vir Afrikaans en Wikipedia wil hê. Hopelik sal hierdie lys ten minste 'n doel dien vir standardisasie binne-in die Afrikaanse Wikipedia. --Alias 07:49, 30 Mei 2006 (UTC)

Hierdie moet waarskynlik een of ander tyd eerder in 'n tabel wees, maar ek is nou te lui (en het te min tyd). --Alias 07:52, 30 Mei 2006 (UTC)

Ek is ook van mening dat wikipedia hom nie noodwendig hoef te weerhou by die skep van nuwe woorde nie. In die Engelse wêreld vind nuwe woorde dikwels hul oorsprong in die nywerheid en by Jan Alleman, nie by die woordeboekskrywers en taalkundiges nie. Laasgenoemde benadering tot die skep van woorde vir nuwe begrippe het dikwels die gevolg dat vertalings kwaai geforseerd klink en soms 'n bietjie vebeeldingloos die engelse weergawe van die woord na-aap. Ek voel dus as daar nie bewese literatuur (buiten woordeboeke) bestaan wat die algemene gebruik van 'n woord bevestig nie, dat 'n skrywer hier gerus 'n voorstel ter tafel kan lê. --RM 10:25, 30 Mei 2006 (UTC)

Inhoud

[wysig] Woonplek

Is dit 'n diskwalifikasie of 'n probleem as iemand "... nie meer in die RSA woon nie ..."? Indien nié, en ek vermoed sterk dat dit nie so neerhalend bedoel is wat dit kan voorkom nie, het daardie betrokke sinsbou 'n bietjie van 'n probleem, veral aangesien die hele sin tog inklusief is: die vrywilliger WOON nie meer nie, PRAAT nie meer nie, is NIE BETROKKE nie, en WEET nie eers OM TE SPEL nie. Tesame 'n indrukwekkende lys van 'n vrot vrywilliger. Gelukkig praat jy van diegene wat al programme vertaal het en nie die vrywilligers van Wikipedia nie, nê? :-) --Nomdeplume 13:46, 30 Mei 2006 (UTC)

Jammer. Ek probeer om 'n klomp goeters te sê en het baie min tyd op die oomblik. Ek het dalk 'n bietjie meegevoer geraak. Verbeter dit gerus om dit mild te stel. Waar iemand woon het natuurlik niks met enigiets te doen nie, maar ek is bevrees 'n paar van ons vriende wat kombuisgereedskap rondgooi (net as voorbeeld) (en dit waarskynlik kan doen omdat hulle buite die land is) sal nie meer almal die AWS kan dikteer nie, om dit nou so te sê. Ek is maar net bietjie gefrustreerd met kwaliteit in ongekoördineerde Afrikaanse pogings en die swak Afrikaans wat deesdae oral voorkom. Eks bevrees dat selfs hierdie terminologiepoging van my dalk 'n paar ander mense gaan irriteer. --Alias 13:53, 30 Mei 2006 (UTC)
Vir leidrade om hierdie te interpreteer, sien Wikpedia:Bladsyverwydering. --Alias 13:57, 30 Mei 2006 (UTC)
Alias, eintlik het ek geterg. Ek is nie eers mooi seker hoe om dáái sin te versag sonder om die gefrustreerde hart daaragter te verraai nie. Jy is SO reg, dis 'n honderd jaar of wat later, al weer net Engels, Engels wat ons hoor. Miskien het niks in die honderd jaar verander nie? :-) Jou werk word waardeer, en jou frustrasie met swak kwaliteit gedeel. --Nomdeplume 14:04, 30 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Apparatuur/Hardeware & Programmatuur/Sagteware

Hi Alias - jou redenasie oor die gebruik van sagteware en hardeware maak sin, maar Apparatuur en Programmatuur is tog sekerlik ten minste nog geldige wisselvorme. Ek sou darem kwaai oor die vingers getik word as ek van sagteware en hardeware gepraat het en die inhibisie bly maar by mens... Laurens 17:40, 30 Mei 2006 (UTC)

Ek wil my woorde versigtig kies, want ek wil nie voorgee om die groot meester te wees nie. Mens kan sekerlik sê dat programmatuur en apparatuur goeie woorde is - dit laat my nie gril nie. Maar daar is die probleem wat ek genoem het. Ek dink ook dit is verwarrend om die gebruik te meng. Aangesien ons 'n volledige ensiklopedie skryf, gaan ons uiteindelik hierdie ..tuur-woorde met die --ware-woorde begin meng. Dus stel ek voor dat ons deurgans die --ware-vorms gebruik ter wille van konsekwentheid. Sagteware en hardeware kan definitief die ander terme noem, soos dit reeds doen, maar dit is my voorstel dat ons dit nie andersins gebruik nie, aangesien ons definitief die konflik gaan teenkom een of ander tyd. Stem ons saam oor die beginsel van konsekwente gebruik? --Alias 20:04, 30 Mei 2006 (UTC)
Ek is minder besorg oor die konsekwente gebruik van die terme as albei aanvaarde korrekte woorde is - daar is tog baie ander konsepte met veelvuldige name - kar/motor, garage/motorhuis ens. Dis seker 'n styl aangeleentheid. Ons kan dalk 'n wikipedia voorkeur spesifiseer. Ek is meer bekommerd oor gevalle waar daar 'n duidelik beter Afrikaans weergawe is soos Sjina eerder as China, verkiesing eerder as eleksie (paar maande gelede laasgenoemde gereeld op Beeld plakate gesien). Ek deel ook Van Zyl Slabbert se bekommernis oor mense wat die woord awesome (Soos in dit was 'n awesome game) gebruik - dis selfs in Engels 'n simpel woord. Dis seker nou nie meer relevant tot die bespreking nie maar nou het ek dit gesê en voel beter daaroor... Laurens 06:29, 31 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Kommentaar op Afrikaans.com, Pharos en ander lyste

Hi Alias,

Ek dink dit sal dalk nuttig wees as jy bietjie na die lyste kyk en jou mening uitspreek oor gevalle waar die lyste die pad byster geraak het - of waar jy met hulle ooreen stem. Ongelukkig kan ons hulle seker nie sommermeer kopieer en dan verbeter nie.

Afrikaanse rekenaar- en Internetterme en Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme

Laurens 17:48, 30 Mei 2006 (UTC)

  • Ja, ek glo ek is darem bewus van meeste van hierdie goeters. Ek glo baie daarvan is nuttig, maar ek dink nie die proses gee 'n waarborg vir goeie kwaliteit nie. Ek vermoet die skakel vir die werkgroep is verouderd, maar nie seker nie. Hulle werk nou met 'n yahoo-groep en jy moet omtrent op jou kop staan om daarby aan te sluit (soos ek dit onthou, dit is seker nie so erg nie.). Ek vermoet die werkgroep se lys is gebaseer op die een van die Stigting vir Afrikaans (kyk na die kopieregdatum) en sal waarskynlik dit alles insluit. Die Stigting se lys noem byvoorbeeld nie eens "webwerf" vir "website" nie (kan dalk bloot die ouderdom van die lys wees). Ek het ongelukkig enkele van die besprekings dopgehou van die werkgroep en het tot die gevolgtrekking gekom dat kwaliteit nie gewaarborg is nie, en dat wisselvorme sommermeer gelys sal word. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie - ek glo hulle doen belangrike en goeie werk. Maar dit is nog nie op die vlak van 'n goeie voorskriftelike woordeboek nie. Dit is natuurlik veels te maklik vir my om van die kantlyn af te skree, en ek klink vir myself nogal arogant, maar aangesien hierdie dinge is waarmee ek nogal kontak het, is die wonde soms bietjie teer :-) --Alias 20:06, 30 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Microsoft

Wat betreft die vraagstelling die die artikel skep met Microsoft: My ervaring met die Nederlandse vertalinge van Microsoft is behoorlik positief. In teënstelling tot baie oopbronsagteware word die vertaling nie uitgevoer deur programmeurs nie, maar deur beroepsvertalers. 'n Vertaling is volledig: die gehele koppelvlak, alle helplêers word vertaal, maar ook interne berigte wat 'n gebruiker normaal nie so eenvoudig te sien kryg nie. Die spel- en grammatikatoetser van die Nederlandse Word is geavanseerder dan die wat aanwesig is in die Engelse weergawe. Wat betref terminologie kies Microsoft altyd vir taaleie woorde, ook al is hulle nog nie ingeburger nie.

Microsoft kan ook 'n aantal suksesse op sy naam skryf: In die jare '80 was daar byvoorbeeld 'n flinke "stryd" tussen die woorde "file" en sy Nederlandse tëenhanger "bestand". Vandag het "file" volledig uitgesterf en ek dink die beleid van Microsoft om ooral bestand te gebruik het hier 'n bydrae aangelewer. Op andere punte is Microsoft minder suksesvol, "driver" word in die daaglikse praktyk nog baie gebruik ondanks dat Microsoft altyd "stuurprogramma" gebruik.

Dit kan soms ook omgekeerd werk, 'n daar is sedert enkele jare 'n Nederlands woord vir "web site", naamlik "webstek". Microsoft's sagteware gebruik egter nog altyd "website", wat die akseptasie van die nuwe woord teënwerk.

Al by al wou ek dat ek ook op andere punte so positief oor Microsoft kon wees :)

Danielm 18:07, 30 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Bywerkings

Bietjie kommentaar oor bywerkings:

  • Lees-skryf-geheue word gebruik in kontras met leesalleengeheue en is dus (mynsinsiens) iets heeltemal anders as ewetoeganklike geheue. 'n Magneetband kan gelees en geskryf word, maar is nie ewetoeganklik nie.
    • Jy is natuurlik streng gesproke krorrek, maar ek is redelik seker dat ek in my jong dae geleer is dat die goed wat in Engels RAM genoem word in Afrikaans LSG was. Jy het dit nou uit die kommentaar gehaal. Ek dink dit sou beter wees om jou verduideliking hierbo in die kommentaar kolom te plaas. Die kommentaar kolom kan sorg dat ons lys hier sommer gou meer waarde as die ander lyste het waar mens nie die rasionaal en ander konteks geredelik beskikbaar het nie. Ek is redelik seker dat wanneer na RAM verwys word eintlik gewoonlik na die lees-skryf-vermoë verwys word eerder as die toegang mode - al is dit nie tegniese die bedoeling nie. Laurens 06:19, 31 Mei 2006 (UTC)
      • Ja. Pas in 'n ou skoolhandboek gesien dat hulle van LSG gepraat het. Eish, ek wonder of dit steeds so gebruik word. Dan moet ons dit so in die lys noem (kommentaar). Stem ons dus saam dat ons slegs ETG sal gebruik en aanbeveel, maar dat LSG vir waardetoevoeging genoem word in die kommentaar? Oor die waardetoevoeging - nou praat ons! Konteks is alles. Vertalers kan nie alles van die tegnologie verstaan nie. Só kan ons die vertalers werklik help. Dateer hierdie gerus op soos wat jy voorstel. --Alias 06:45, 31 Mei 2006 (UTC)
  • FLOSS: Hierdie term behoort nie gebruik te word om na Vrye Sagteware te verwys nie en moet ook nie gelykgestel word nie. Stallman hou spesifiek nié van die term "Oopbronsagteware" nie, omdat dit die fokus van die vryhede af wegneem. Soos ek van een van sy toesprake verstaan, beveel hy die term aan vir "resensente" wat wil neutraal wil skryf oor beide die Vrye Sagtewarebeweging en die Oopbronbeweging sonder om kant te kies. Dit is dus 'n oorkoepelende term en nie uitruilbaar met Vrye Sagteware of Oopbronsagteware nie. -- Alias 20:15, 30 Mei 2006 (UTC)
    • Jy is reg - ek het dit ingebring ter interessantheid en na Voyager Libre Software met die volledige Franse term vervang het - gesoek na 'n manier om die Engelse gebruik van die Franse woord te illustreer. Ek hou egter van hoe jy dit verander het. Laurens 06:19, 31 Mei 2006 (UTC)
      • Ja, ek het reeds drooggemaak met die Franse aanname. Dit is hoe maklik valshede versprei. --Alias 06:45, 31 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Interleaving

Ek is op soek na 'n geskikte vertaling van die interleaving proses soos dit op rekenaars betrekking het. Interleaving is die proses waar data nie in volgorde versend word nie sodat veelvuldige bisfoute omgeskakel word na enkelbisfoute in 'n string data en sodoende deur 'n foutregstellende kode (bv. Hamming kode) reggestel kan word. Enige voorstelle? --RM 06:33, 31 Mei 2006 (UTC)

Pharos se gewone woordeboek praat van interpagineer en deurskiet (met tussenblaaie) vir die werkwoord en tussenblad vir die s.n.w. Dit is waarskynlik nie met verwysing na die rekenaarterm nie. Laurens 06:38, 31 Mei 2006 (UTC)
Die werkgroep vir IT terme se vertaling is ineenvleg, tussenvleg, formateer met afwisseling. Ineenvleg en tussenvleg klink beide vir my goed. Dalk is tussenvleg meer beskrywend. Tussengevleg? Laurens 06:41, 31 Mei 2006 (UTC)
"interpagineer" is ongelukkig van daardie woorde wat omgekeerde peristalse in sekere van my organe stimuleer. :-) --Alias 06:51, 31 Mei 2006 (UTC)
Ek stem. Laurens 16:35, 31 Mei 2006 (UTC)
Ek sit nou hier en lag lekker oor jou uitdrukking, Alias! --Nomdeplume 18:50, 31 Mei 2006 (UTC)
Rekenaarwoordeboek gee "interleave: invlegging (metode om multiprogrammering te implementeer)" en "interleaving memory: invleggeheue" Klink baie netjies vir my. Dus "the interleaving of memory" -> "die invleg van geheue". "ineenvleg" klink asof mens dit bloot probeer saam kry, terwyl mens dit eintlik soortvan probeer "skei" in 'n sekere sin. --Alias 06:51, 31 Mei 2006 (UTC)
Klink vir my goed - is interleaved dan ingevleg of het ons dit nie nodig nie? Laurens 16:35, 31 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Chipset

Ek kry geen literatuur wat vir my 'n aanduiding gee hoe om chipset te vertaal nie. Mikroskyfstel? --RM 10:17, 31 Mei 2006 (UTC)

Is 'n chip nie 'n vlokkie nie - of is ek nou weer outyds? Laurens 16:37, 31 Mei 2006 (UTC)
Ek sien die WAITT woordlys gee: ((n)) mikroskyfie, skyfie, tjip [dg2 1 blokkie (komponent), ponsbrokkie, vlokkie (kringbaan). gwb.] vir chip. En my voorkeur vir vlokkie is oënskynlik 'n provinsiale aangeleentheied - sien die IT web artikel . So as jy van die Kaap kom is dit seker 'n skyfiestel en hier bo is dit 'n vlokkiestel. Ek moet egter sê as ek aan 'n vlokkie dink, dink ek aan die rou stukkie onverpakte silikon eerder as die goed wat jy sien as jy jou rekenaar oop maak. Laurens 16:47, 31 Mei 2006 (UTC)

[wysig] Redundancy check

  • Oortolligheidstoets
  • Rugsteunversekeringstoets
  • As daar van CRC gepraat word (cyclic redundancy check), kan mens ook sommer "CRC" gebruik. --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)

[wysig] Terme wat vertalings kort

  • Look and feel -
    • NL: Uiterlijk en gedrag
    • Wat van Voorkoms en gedrag?
  • software componentry -
  • Object request broker -
  • undermaintained
    • NL: onderhoudsgebrek
    • swak ondersteunde?
    • miskien eerder 'n omskrywing in die lyn van "wat nie goed onderhou word nie" --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
  • interoperability
Ek stel voor bedryfsversoenbaar, bedryfsversoenbaarheid.
    • NL: interoperabiliteit
  • skin - die Pharos lys gee vel, baadjie, omslag (dus miskien bladbaadjie?)
  • instant messenger - kitsboodskapper?
  • bugfix releases - herstelwerkuitgawes?
  • Human Interface - Menslike Koppelvlak? Mens-masjiengeselspunt?
    • NL: Niet letterlijk, maar verwant: "mens-/machineinteractie"
  • Spatial file manager - Ruimtelike lêerbeheerder?
  • drive mounter - ?
    • NL: to mount = aankoppelen / to unmount = afkoppelen
  • trashcan - vullisblik?
    • NL: Prullenbak
    • Gebruik wat die projek gebruik indien moontlik. --Alias 06:48, 1 Junie 2006 (UTC)
  • deskbar - ?
    • NL: Werkbalk
    • Wat is 'n deskbar? --Alias 06:48, 1 Junie 2006 (UTC)
      • Oude versies van Microsoft Office (95/97) installeren een werkbalk zodat je Word, Excel, e.d. direct vanaf je bureaublad kan starten. Danielm 09:44, 1 Junie 2006 (UTC)
  • lockdown (soos in lockdown editor) -
    • Microsoft gebruikt "groepsbeleidbeheerder" in Windows Server 2003 (vertaling van "group policy editor")
  • Scripting programming language -
    • NL:Scripttaal
    • Ek het al "skriptaal" gesien - nie mal daaroor nie, maar word gebruik. Oorweeg "geïnterpreteerde taal" as dit bloot is waaroor dit gaan. --Alias 06:48, 1 Junie 2006 (UTC)
  • Source code repository - bronkode bewaarplek?
    • NL: broncodebewaarplaats
    • miskien bronkodestoor? --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
  • Stateless, Statefull
    • NL: Staatloos
    • miskien is "toestand" is die woord waarmee gewerk moet word.
  • support community - steungemeenskap?
    • klink goed, miskien ook ondersteuningsgemeenskap --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
    • NL: ondersteuningsgemeenschap
  • features - eienskappe?
    • NL: Eigenschappen
  • feature set - ?
  • CD images - ?
    • Miskien kan mens van .iso-lêers praat as dit is wat bedoel word. --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
      • .ISO is `n soort image soos .cue .nrg .mdf ens.
  • backport (kyk en:backport) - ?

Soms kan mens oorweeg om eerder 'n omskrywing te gebruik as om 'n enkele term te gebruik. --Alias 06:48, 1 Junie 2006 (UTC)

  • Fork - soos in vrye sagteware, sou vertakking nie 'n beter vertaling wees as vurk nie? --RM 00:13, 4 Junie 2006 (UTC)
    • Ek dink jy is reg - ek sal Ubuntu Linux verander om dit te gebruik. Laurens 06:45, 4 Junie 2006 (UTC)
    • 'n Vertakking sal verwar word met 'n "branch". 'n Vertakking insinueer 'n stam wat aanhou, terwyl 'n vurk twee stamme veronderstel. Ek dink vurk is dalk die beste. Die rekenaarwoordeboek gee "vertak" met spesifieke vewysing na datakommunikasie as verwysing. Ek verstaan nie dit duidelik nie. Ek weet ook nie of die hele idee van 'n vurk al bestaan het toe die woordeboek gepubliseer is nie (1985). --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
  • closed-source - toekode of hou ons meer van geslotekode
    • NL: Gesloten bron
  • proprietary media formats - eiendoms werk nie vir my so mooi in die geval nie. Ons het iets meer keratief nodig wat vir sagteware, formate ens gaan werk.
Ek stel voor ons gebruik uitsluitlike besitreg. Media formate met uitsluitlike besitreg om aan te dui dat die "eienaar" van die sagteware die reg het om ander uit te sluit soos in die geval van Patente.
Dit is onjuis, byvoorbeeld die "Microsoft Word"-indeling is propriëtêr, maar Microsoft het geen regte andere sagtewareaanbieder uit te sluit dit te gebruik. Danielm 11:24, 4 Junie 2006 (UTC)
Nie so seker dis onjuis nie: Engelse wiki definieer dit as volg: Proprietary indicates that a party, or proprietor, exercises private ownership, control or use over an item of property, usually to the exclusion of other parties. Dalk is die Microsoft Word formaat nie meer proprietary nie? Sekerlik behou Microsoft sekere regte tot uitsluiting op die formaat? Miskien kan u verduidelik hoe dit gebeur dat Microsoft Word hul regte op die formaat verloor het, of het hulle dit vrygestel in welke geval proprietary nie meer van toepassing is nie? --RM 17:56, 4 Junie 2006 (UTC)
Die reden is eenvoudig, daar bestaan geen outeursregtelike beskerming op 'n lêerindeling nie. Alleen 'n patent kan implementasie deur 'n derde party verhinder. Dit is nie die geval nie, dus kan Microsoft geen regte uitoefen nie op andere partye wat dit implementeer nie. Dit word egter 'n propriëtêre indeling genoem omdat grote dele van die indeling slegs deur reverse engineering (het nog nog 'n vertaling nodig :) ) bekend is en Microsoft die Wordindeling in eie beheer deurontwikkel. Danielm 21:34, 4 Junie 2006 (UTC)
  • reverse engineering - my Pharos praat van ontmanteling vir omgekeerde ontwikkelingswerk waar dit om programkodes handel. Laurens 20:27, 5 Junie 2006 (UTC)
  • native - soos in native Linux API calls?
    • NL: Eurodicautom geef "naturel-code" en "naturel-compiler" vir "native code" en "native compiler". Hoewel dit in inderdaad bruikbare vertalinge is, klink dit tog 'n bietjie vreemd. Danielm 09:17, 4 Junie 2006 (UTC)
    • miskien 'n omskrywing met "eie"? --Alias 12:24, 7 Junie 2006 (UTC)
      • Kuberwoordeboek van Prof Viljoen et. al. gee moederkode vir native code en in in ander gevalle gebruik hulle samestellings met "eie" soos Alias hierbo noem - soos in verwerkereie - mens kan seker Linux-eie ook gebruik? --198.54.202.74 07:22, 9 Mei 2008 (UTC)
  • revision control - ?

Newsfeed

Wat van eenvoudig nuusvoer
  • Relational Database - ?
    • Relasionele databasis --Alias 09:22, 15 Januarie 2007 (UTC)
  • Screenshot.
    • Ek sou dink "skermskoot", maar dit klink bietjie seer op die oor. Wat dink julle? — Adriaan (SB) 13:10, 12 September 2007 (UTC)
    • Wat van skermkiekie? Frank
  • Pointing-device (soos 'n muis).
    • Uitwystoestel is al waaraan ek kan dink. Frank 16:20, 21 September 2007 (UTC)
  • Interpreter + Interpreted Language
    • Ek sien die gebruiker van 'vertaler' vir compiler en hou daarvan, maar interpreteerder klink snaaks. Enige idees? Is daar al iets amptelik? EbenRoux 09:01, 17 November 2007 (UTC)
  • Assembly Code?
    • Wel, assembly language is saamsteltaal, so assembly code is seker saamstelkode.
  • GPU (Graphics Proccesing unit?
    • Wat van "grafikaverwerkingseenheid, of as dit makliker werk, "verwerkingseenheid vir grafika"? --Alias (kontak) 12:29, 15 Mei 2008 (UTC)
  • Game Engine / Physx Engine
    • Dalk "spel-enjin" of fisika-enjin? as "physx" 'n handelsmerk/produknaam is, dalk physx-enjin. --Alias (kontak) 12:29, 15 Mei 2008 (UTC)
  • SDK (Software development kit)?
    • sagteware-ontwikkelingstel of dalk sommer net ontwikkelingsprogramme (dink oor wat die sin probeer sê). --Alias (kontak) 12:29, 15 Mei 2008 (UTC)

[wysig] Delete en Undelete

Ek is besig met Wikimedia vertalings en sukkel met die vertaling van "delete" en "undelete". Na 'n paar soektogte wil ek die volgende vertalings voorstel:

  • delete -> wis / uitwis
  • undelete -> ontwis

Julle idees?


Uit die Pharos en die rekenaarwoordeboeke wat ek het kan ek die volgende idees voorstel:
  • delete -> skrap / wis (ons gebruik "skrap" in die WP-koppelvlak)
  • undelete -> herstel/ ontskrap / *ontwis
Die "skrap" is die enigste een wat in al drie voorkom. Ontwis het ek nie gesien nie, maar as mens "wis" het... Anrie (kontak) 14:52, 19 Mei 2008 (UTC)
As ek dit nie mis het nie, word "skrap" en "ontskrap" elders gebruik. "Ontskrap" klink maar bietjie snaaks (omtrent net so snaaks soos "undelete") - dis natuurlik iets wat ongekend was voor die koms van rekenaars, raai ek. Dis kort, die positief en die negatief koppel mooi aan mekaar, en dit vertaal goed terug na die Engels. Dus dink ek dis redelik veilig . --15:23, 19 Mei 2008 (UTC)

Hmm ...

  • Delete -> Skrap - kan werk
  • Undelete -> Ontskrap - kan werk

Ons kan dan die wis/ontwis laat vaar. Ek wil nie graag herstel gebruik nie a.g.v. die koppeling aan "restore".Arnobarnard (kontak) 15:25, 19 Mei 2008 (UTC)


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -