Panamakanaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Panamakanaal is 'n kanaal van 82 km lank wat deur die ismus van Panama sny en die Atlantiese en Stille Oseane in Sentraal-Amerika verbind. As gevolg van Panama se S-vorm lê die Atlantiese Oseaan wes van die kanaal en die Stille Oseaan Oos daarvan, die omgekeerde van die gebruiklike oriëntasie van hierdie oseane tot land in Amerika.
Reeds in die sestiende eeu is daar al gespekuleer oor die bou van die kanaal, maar dit is eers 400 jaar later voltooi toe die kanaal geopen is op 15 Augustus 1914. Sedertdien word die kanaal deur ongeveer 12 000 skepe per jaar gebruik. Dit neem 'n skip sowat nege ure om van een punt na die ander te vaar en sedert die kanaal geopen is, het ongeveer 800 000 skepe die kanaal gebruik.