See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kerk (gebou) - Wikipedia

Kerk (gebou)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die term kerkgebou (dikwels kort kerk genoem) verwys in die algemeen na 'n gebou, wat deur 'n Christelike gemeenskap vir byeenkomste gebruik word. Die woord is afgelei van die Griekse kyriake (letterlik "dit wat aan die Here behoort") - kerke word gevolglik ook dikwels godshuise genoem. Christelike kerke word saam met die geboue van ander godsdienste ook sakrale geboue genoem.

[wysig] Funksie en ontwikkeling

Plan van 'n kerk in die vorm van die Latynse kruis
Plan van 'n kerk in die vorm van die Latynse kruis

Die kerkgebou dien as 'n plek van byeenkoms, alhoewel sy godsdienstige betekenis afhangende van die gemeenskap, wat dit gebruik, verskil. 'n Aantal Christelike kerke - onder meer die Rooms-Katolieke Kerk - beskou die kerkgebou as 'n besondere plek, wat deur God se teenwoordigheid gekenmerk word. Ander gemeenskappe - byvoorbeeld gereformeerde Christene - beweer dat die teenwoordigheid van God nie afhankelik is van die gebou nie, maar van die gemeente wat in sy naam vergader.

Kerkgeboue word in argitektoniese opsig dikwels deur 'n ryk simboliek gekenmerk. Die boustyl van 'n beperkte tydperk verduidelik dus ook die godsdienstige lewe van dié tyd.

Die vroeë Christene het in afwagting op 'n spoedige fisiese wederkoms van Jesus Christus geleef en die kerkpoorte steeds in oostelike rigting gebou. Met die liturgiese veranderings van die Middeleeue is die rigting verander, en veral die apsis is in oostelike rigting opgerig: Die aanbidding van God het destyds in die rigting van die opgaande son, dus die ooste, plaasgevind. Later is min aandag aan die rigting geskenk, en die argitektuur het eerder die besonderhede van die plek en die ontwerp gevolg.

[wysig] Verskillende tipes kerkgeboue volgens funksie

Moderne kerkboukuns: Die argitek Le Corbusier se Église Saint-Pierre de Firminy
Moderne kerkboukuns: Die argitek Le Corbusier se Église Saint-Pierre de Firminy
  • Katedraal: Biskopskerk
  • Munsterkerk: Kloosterkerk, kapittelkerk of biskopskerk
  • Parogiekerk: Hoofkerk van 'n kerkgemeente
  • Kloosterkerk: Die kerk van 'n kooster
  • Kapittelkerk of kollegiale kerk
  • Pelgrimskerk of bedevaartskerk
  • Hospitaalkerk of hospitaalkapel
  • Kapel: Meestal 'n kleiner gebou of kamer, wat dikwels nie vir gereelde dienste van 'n gemeente gebruik word nie. Hier vind gewoonlik private dienste of dienste van 'n bepaalde groep (lede van 'n orde, pasiënte van 'n hospitaal of inwoners van 'n bepaalde instelling) plaas. Dit word soms ook oratorium genoem. 'n Kapel vorm óf 'n eie gebou óf maak deel uit van 'n groter gebou. Daar is ook aparte dele van 'n kerk wat kapel genoem word, soos doopkapelle, sakramentskapelle, kriptes, sykapelle van 'n koor en ander.
  • Basiliek: In die Rooms-Katolieke Kerk word kerke van besondere betekenis basiliek genoem.

[wysig] Onderskeiding volgens bouvorm

Die Urnes-staafkerk in Luster, Noorweë
Die Urnes-staafkerk in Luster, Noorweë
  • Sentraalkerk
  • Lang kerkgeboue: Basilieke, saalkerke
  • Kruiskerk
  • Kasteelkerk
  • Weerkerk
  • Galerykerk
  • Kripte

Besondere bouvorms:

  • Staafkerk
  • Saalkerk
  • Dubbelkerk
  • Rondkerk
  • Rotskerk
Kerkargitektuur
Kerk: Koornis (apsis) | Dwarsskip | Koor | Skip | Vensterkruis | Narthex | Chapelle absidiale | Wandelgang | Boog | Sybeuk | Kripte | Kerktoring | Chevet | Toringspits | Tour-lanterne | Doksaal | Kerkplein

Geboue en monumente: Kerk | Kapittelkerk | Doopkapel | Klooster | Abdy | Basiliek | Kapel | Katedraal | Campanile | Kalvarie

Argitektoniese elemente: Boog | Gewelf | Kapiteel | Steunbeer | | Suil
Versierings: Kerkvenster | Roosvenster | Gargouille | Timpaan
Romaanse argitektuur | Gotiese argitektuur | Middeleeuse godsdienstige argitektuur


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -