See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Jean-Claude Juncker - Wikipedia

Jean-Claude Juncker

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Jean-Claude Juncker
Jean-Claude Juncker

Jean-Claude Juncker (gebore op 9 Desember 1954 in Rédange-sur-Attert, Luxemburg) is 'n Luxemburgse politikus en lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (Christelik-Sosiale Volksparty, CSV). Hy is sedert 1995 die Eerste Minister van die Groothertogdom Luxemburg.

[wysig] Biografie

In 1974 slaag Jean-Claude Juncker die Diplome de fin d´études secondaires (Luxemburgse matriek) by die Lycée (Hoërskool) Michel Rodange in Luxemburg. Hy word gelyktydig 'n lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei. Hy skryf in 1975 by die Universiteit van Straatsburg (Frankryk) in en behaal in 1979 'n graad in die regswetenskappe. Na sy studie werk hy as 'n advokaat.

In 1982 word hy as Staatssekretaris in die Departement van Arbeid en Sosiale Sekerheid benoem. Twee jaar later wen hy 'n setel in die Luxemburgse Chambre des Deputés. In 1989 word hy as Minister van Finansies en Arbeid en as Goewerneur van die Wêreldbank benoem. Hy speel 'n leidende rol by die onderhandelings oor die Verdrag van die Europese Unie (Maastrichtse Ooreenkomste). In 1995 word hy die Eerste Minister van Luxemburg en Goewerneur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF). In die tweede halfjaar van 1997 en nog eens in die eerste halfjaar van 2005 is hy die President van die Raad van die Europese Unie.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -