Bjørnstjerne Bjørnson
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bjørnstjerne Martinus Bjørnson (* 8 Desember 1832, † 26 April 1910) was 'n Noorse skrywer en dramaturg, asook 'n wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1903. Bjørnson word beskou as een van "die groot vier" Noorweegse skrywers (die ander drie is Henrik Ibsen, Jonas Lie, en Alexander Kielland).
Inhoud |
[wysig] Kort biografie
Hy is in 1832 op 'n plaas in Kvikne gebore, so 'n 90 kilometer van Trondheim. Hy word groot in Nesset. Hy begin poësie skryf vanaf ouderdom elf, en werk ná matriek as 'n verslaggewer, en veral as dramakritikus. Bjørnson was een van die oorspronklike lede van die Nobelpryskomitee, en is herverkies in 1900. Hy sterf op 26 April 1910 in die Franse hoofstad Parys, waar hy vir die laaste jare van sy lewe die winters deurgebring het. Die Noorweegse oorlogskip Norge is gestuur om sy oorskot terug te neem na Noorweë, waar hy met die hoogste eerbewyse begrawe is.
[wysig] Prosa
- Synnøve Solbakken - 1857, die eerste van sy werkersklasromans,
- Arne - 1858,
- En glad Gut ('n Gelukkige seun) - 1860,
- Fiskerjenten (Die vissernooientjie) - 1868,
- Magnhild - 1877,
- Kaptejn Mansana (Kaptein Mansana) - 1878,
- Det flager i Byen og paa Havnen (Die vlae wapper oor dorp en hawe) - 1884,
- Paa Guds veje (Op God se weg) - 1889,
- Geografi og Kærlighed (Aardrykskunde en liefde), 1889,
- 'n Bundel kortverhale - 1894
[wysig] Drama
- Mellem Slagene (Tussen die slagte) - 1855
- Halte-Hulda (Lamme Hulda) - 1858,
- Kong Sverre (Koning Sverre) - 1861,
- De Nygifte (Pasgetroud) - 1865,
- En fallit ('n Bankrotskap) - 1874,
- Redaktøren (Die redakteur) - 1874,
- Leonarda - 1879,
- Det nye System (Die nuwe stelsel) - 1879,
- En Handske (Die veghandskoen) - 1883,
- Over Ævne (By magte verby) - 1889
- Paul Lange og Tora Parsberg (Paul Lange en Tora Parsberg) - 1898
- Over Ævne (By magte verby II) - 1895
- Laboremus (Kom ons werk) - 1901
- På Storhove (By Storhove) - 1902
- Daglannet (Dag se plaas) - 1904
[wysig] Poësie
- Sigurd Slembe (Sigurd die slegte) - 1862
- Gedigte en Liedere (met onder meer die epiese siklus Arnljot Gelline) - 1870
[wysig] Eksterne skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |