Beierse taal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Beierse taal (-) |
||
---|---|---|
Gepraat in | Duitsland, Oostenryk, Italië, Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Switserland | |
Sprekers | sowat 12 miljoen | |
Taalkundige Klassifikasie |
|
|
Amptelike Status | ||
Amtelike taal in | - | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | - | |
ISO 639-2: | gem | - |
SIL: | BAR |
Beiers of Beiers-Oostenryks (Duits: Bairisch of Österreichisch-Bairisch ) is 'n belangrike groep van Opperduitse variëteite. Soos Standaardduits, is Beiers 'n Hoogduitse taal, maar dit is nie dieslfde nie. Beierse-Oostenryks en Standaardduits het mekaar beïnvloed en die oorgrote meederheid Beiers-Oostenryks sprekers kan ook Standaardduits praat.
Beiers-Oostenryks word ook gebruik om na die dialek groep wat nie net die Beiers-Oostenrykse dialekte self insluit nie maar ook Kimbries (noordoostelike Italië), Hutteriese Duits, en Mócheno (Trentino, in Italië) dialekte van Duits.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis en Oorsprong
Die Beierse taal vind sy oorsprong in die Germaanse stam wat as die Baioari of Bajuwarii bekend gestaan het, wat 'n stamgebonde hertogdom wat 'n groot deel van wat vandag Beiere en dele van Oostenryk en die middeleeue en is op die ou einde deur Karel die Grote onder bedwang geneem. Hulle het geleidelik langs die Donau af migreer en in die Alpe in na al die gebiede waar Beiers-Oostenrykse dialekte gepraat word.
In Duits word daar gewoonlik 'n onderskeid getref tussen "bairisch" (wat na die taal verwys) en "bayerisch" (wat na die deelstaat Beiere verwys). As gevolg van Koning Ludwig I se voorliefde vir alles Hellenies, word die Duitse naam vir Beiere vandag as "Bayern" gespel terwyl die plaaslike tale wat daar gepraat word die oorspronklike spelling "Bairisch" behou het— let op die gebruik van die I teenoor die "Helleniese" Y.
[wysig] Klassifikasie
Die SIL-kode vir die Beierse taal is BAR. Dit het geen eie ISO 639-kode nie maar word onder die "Germaans (Ander)" kollektiewe taal kode "gem" geklassifiseer. Geneties is Beiers deel van die Opperduitse familie saam met Alemannies (wat Swabies en Switserse Duits) insluit, terwyl Standaardduits deel is van die Middelduitse familie wat nader aan die Saksies is.
[wysig] Gebiede waar Beiers-Oostenryks gepraat word
- in Beiere:
- in Opperbeiere
- in Nederbeiere
- in die Opper-Palts
- in Oostenryk:
- in alle dele van die land met die uitsondering van die deelstaat Vorarlberg en Reutte in Tirool, waar 'n Alemanniese dialek gepraat word.
- in Italië:
- in Suid-Tirool
[wysig] Subgroepe
Daar is drie hoof dialek groepe in Beiers-Oostenryks:
- Noord-Beiers, wat ook in die Opperfrankiese distrik Wunsiedel gepraat word);
- Sentraal-Beiers (langs die hoof riviere die Isar en Donau, gepraat in München, Opperbeiere, Nederbeiere, suidelike Opper-Palts, die Swabe distrik Aichach, die noordelike dele van die Deelstaat Salzburg, Opperoostenryk, Nederoostenryk, Wene (kyk Weense Duits) en Noordelike Burgenland)
- Suid-Beiers (in Tirool, Suid-Tirool, Karintië, Stiermarke, en die suidelike dele van Salzburg en Burgenland).
Daar is merkbare verskille binne die drie subgroepe wat in Oostenryk baie keer ooreenkom met die grense van besondere deelstate. Byvoorbeeld, elke van die aksente van Karintië, Stiermarke en Tirool kan maklik herken word. Daar is ook 'n noemenswaardige verskil tussen Oostelike en Westelike Sentraal-Beiers wat rofweg saamval met die grens tussen Oostenryk en Beiere. Verder het die Weense dialek sommige eienskappe wat dit van alle ander dialekte onderskei.
Die onderskeie Beiers-Oostenryks dialekte is egter normaalweg onderling verstaanbaar, met die moontlik uitsondering van sommige weergawes van Tirools.
[wysig] Gebruik
Alle Beiere en Oostenrykers kan Standaardduits lees, skryf en verstaan, maar baie mense, veral in die platteland, het selde die geleentheid om dit enigsins te praat. In die gebiede is Standaardduits die "skryftaal" terwyl Beiers die algemene, en in baie gevalle die enigste, gesproke taal is.
Alhoewel daar grammatikas, woordeskat en 'n vertaling van die Bybel bestaan, is daar geen standaard wat bepaal hoe die taal geskryf behoort te word nie. Daar is digkuns in verskeie vorme van Beiers-Oostenrykse dialekte en by pop-liedjies gebruik ook die taal, veral die wat behoort tot die Austropop golf van die 1970's en 1980's.
Al word Beiers-Oostenryks daagliks as gesproke taal gebruik, verkies die massa-media ook in die gebied Standaardduits. Die weergawe van Standaardduits wat deur die media en in die onderwys gebruik word is, veral in Oostenryk, sterk beïnvloed deur Beiers-Oostenryks.
Daar bestaan slegs 'n paar vorme van die preteritum in Beiers-Oostenryks (b.v. i war = ek was; i wuit = I wanted), meeste van die werkwoorde word slegs in die teenwoordige tyd en die voltooide vorm (perfektum) gebruik wanneer verlede tyd vereis word.
Dit is vir buitelanders en nie-Beierse Duitsers moeilik om tussen iemand van Beiere of Oostenryk kom. Een van die mees ooglopende verskille is betreklike bysin: In normale Duits is dit: Wenn... (Afrikaans: As...) Iemand van Beiere sou sê: Wenn... Maar iemand van Oostenryk sê normaalweg: Wann...
[wysig] Geskrewe Beiers en Oostenryks
Afrikaans | Duits | Beiers | Oostenryks |
---|---|---|---|
Beiers is 'n groep dialekte wat in die suide van die Duitssprekende gebied gepraat word. | Das Bairische ist eine Gruppe von Dialekten im Süden des deutschen Sprachraumes. | S' Boárische is a Grubbm vã Dialekde im Süüdn vãm deitschn Schbrååchraum. | S'Boarische is oa Grubbm fã Dialektn im Süü'n fãm deitschn Schpråchram. |
Hallo, ek is Peter en kom van München. | Hallo ich bin der Peter und komme aus München. | Serwas/Griasde, i bi da Beda und kumm/kimm vo Minga. | Seavas/Hawedere/Griasdi, i bi da Beda unt kimm/kumm fã Minga. |
Elisabeth het haar been gebreek. | Elisabeth hat sich das Bein gebrochen. | 'S Liesal håd se an Haxn brocha. | D'Lisa/'S-Liasl håd se oan Haxn brocha. |
Ek het geld gevind. | Ich habe Geld gefunden. | I håb a Gäid/Gööd gfundn. | I hå/håb/hau/ho oa göd g'fundn. |
[wysig] Kyk ook
- Oostenrykse Duits
- Weense Duits
[wysig] Eksterne skakels
- Ethnologue verslag vir Beiers-oostenryks
- Beiers - Engels Woordeboek van Webster se aanlyn woordeboek - die Rosetta Uitgawe