See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Amandel - Wikipedia

Amandel

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Rou amandels.
Rou amandels.

Amandels is die steenvrugte en sade van die amandelboom (Prunus dulcis) en is 'n gewilde neut wat gebruik word in die voorbereiding van voedsel of as versnappering. Amandels word ook as 'n bestanddeel in kosmetiese produkte gebruik.

'n Beraamde 80% van alle amandels is afkomstig van Kalifornië. Spanje het ook 'n groot amandelproduksie wat konsentreer op die soet Jordan- en Valencia-amandels.

Amandels is 'n goeie bron van vitamiene E en bevat ongeveer 70% mono-onversadigde vetsuur en 30% versadigde vetsuur. Amandels bevat ook blousuur (waterstofsianied). Die bitterheid van 'n amandel is 'n teken van die hoeveelheid blousuur wat dit bevat: hoe bitterder die smaak, hoe giftiger is die amandel. Newe-effekte as gevolg van 'n oormatige inname van amandels (tussen 40 en 70 bitter amandels per persoon) sluit in: opwinding, hoofpyn, duiseligheid, spiersametrekkings, asemhalingsprobleme en selfs 'n skielike dood.

[wysig] Soorte

Daar bestaan beide soet en bitter amandels. Soet amandels kan net so geëet word en word gereëld tydens die voorbereiding van voedsel gebruik, hetsy as bestanddeel of garneersel. Amandelmeel en -pasta, nougat en marsipein is gewilde amandelprodukte. Amandelolie en amandelmelk is ook verkrygbaar in sommige kulture. Amandelmelk is maklik om te verteer en word soms as 'n plaasvervanger vir koeimelk gebruik.

Bitter amandels word hoofsaaklik gebruik vir die produsering van bitter amandelolie.

[wysig] Nota

Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Nederlandse Wikipedia artikel Amandel.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -