See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Weskus - Wikipedia

Weskus

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Weskus is Suid-Afrika se blommeparadys, soos hier by die Weskus- Nasionale Park
Die Weskus is Suid-Afrika se blommeparadys, soos hier by die Weskus- Nasionale Park

Die Weskus is 'n streek aan die weskus van Suid-Afrika wat in sy nouste betekenis hoofsaaklik betrekking het op die gebied tussen Yzerfontein en Lambertsbaai, maar ook van toespassing is op die hele kusstrook tussen Kaapstad en die mond van die Oranjerivier, oftewel die mees suidwestelike hoek van Namibië. Die naam is ook gegee aan die distriksmunisipaliteit met sy setel op Moorreesburg wat die B-munisipaliteite van Saldanhabaai, Swartland, Bergrivier, Cederberg en Matzikama insluit. Die distriksmunisipaliteit se gebied beslaan sowat 31101 km², dus ietwat groter as België, Lesotho en Armenië, maar ietwat kleiner as Taiwan. Die vernaamste bedryf van die distrik is landbou, hoewel die nywerheid ook 'n vername rol speel in Saldanhabaai op Saldanha en Vredenburg en in Swartland op Malmesbury.

[wysig] Bevolking

Rugby is een van die gewildste sportsoorte aan die Weskus. Hier spook Langebaan (in rooi en blou) sake uit teen Hopefield in 'n Bolandse ligawedstryd
Rugby is een van die gewildste sportsoorte aan die Weskus. Hier spook Langebaan (in rooi en blou) sake uit teen Hopefield in 'n Bolandse ligawedstryd

Die totale bevolking van die distrik was volgens die 2001-sensus 282 651. Daarvan was 204 710 bruin, 49 382 wit, 27 780 swart en 789 Indies. Afrikaanssprekendes was in daardie jaar verreweg die grootste groep met 251 979 moedertaalsprekers, gevolg deur Xhosa met 20 917, Engels met 6 595 en Sotho met 1 591. Minder as 1% van die bevolking is in die buiteland gebore, hoofsaaklik Suider-Afrika (1 493) en Europa (456).

[wysig] Opvoeding

Hank McGregor het die Bergrivier-kanomarathon in 2007 gewen. Die kanomarathon eindig tradisioneel onder die Carinus-brug op Velddrif in die suide van die Weskus
Hank McGregor het die Bergrivier-kanomarathon in 2007 gewen. Die kanomarathon eindig tradisioneel onder die Carinus-brug op Velddrif in die suide van die Weskus

Benewens 'n groot aantal laerskole, is daar die volgende hoërskole in die Weskus-distrik: Augsburg Landbougimnasium (Clanwilliam), Hoërskool Dirkie Uys (Moorreesburg), Hoërskool Citrusdal, Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Vanrhynsdorp, Hoërskool Hopefield, Hoërskool Vredendal, Hoërskool Weston (Vredenburg), Hoërskool Smuts-Malan (Riebeek-Wes), Hoërskool Piketberg, Hoërskool Porterville, Vredendal Sekondêre Skool, Hoërskool Lutzville, Hoërskool Graafwater, Hoërskool Wesbank (Malmesbury), Hoërskool Swartland (Malmesbury), Schoonspruit Sekondêre Skool (Malmesbury), Naphakade Sekondêre Skool (Malmesbury), Hoërskool Velddrif, Hoërskool Diazville (Saldanha), Steynville Sekondêre Skool (Piketberg).

[wysig] Eksterne skakels


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg |

Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -