Drakenstein
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Drakenstein is 'n Wes-Kaapse munisipaliteit wat geskep is ingevolge die munisipale bedeling van 2000 en waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is.
Met 'n bevolking volgens die sensus van 2001 van 194 415 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 123 963, gevolg deur 41 509 swartes , 28 353 wittes en 590 Indiërs.
[wysig] Besienswaardighede
Die Paarl en Wellington is albei geskiedkundig belangrike dorpe van Suid-Afrika. Vele bekende Suid-Afrikaners is hier gebore of het 'n lang tyd hier gewoon. Op Wellington byvoorbeeld Sailor Malan, Breyten Breytenbach, Piet Retief en genl. J.B.M. Hertzog, en in die Paarl Elsa Joubert, Chester Williams en Totius.
[wysig] Onderwys
Drakenstein is een van die vernaamste opvoedkunidge sentra in die land met roemryke skole soos die die Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimnasium, Hoër Meisieskool Paarl (almal in die Paarl) en Hugenote-Hoërskool (op Wellington). Die Bolandse afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die Hugenote Kollege is ook op Wellington geleë.
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo | Overberg | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |