See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Hoër Meisieskool La Rochelle - Wikipedia

Hoër Meisieskool La Rochelle

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl is een van die oudste meisieskole in die land.

Dit is reeds in 1860 met 40 meisies as seminarium vir jonge dames geopen vir die dogters van die burgers en boere in die Paarlse distrik. In 1872 word prof. Jan de Villiers (Jan Orrelis) hoof van die skool, wat hy die Paarlse Meisieseminarium noem. Hy beklee die pos tot en met sy aftrede in 1890.

Dr. Andrew Murray, 'n groot voorstander van Afrikaans as onderrigmedium, word toe niedoserende hoof. Die skool word snaaks genoeg hernoem tot die Hugenote-Hoërskool, in wese 'n uitbreiding van Murray se Hugenote-kollege op Wellington. 'n Amerikaner, mej. Virginia Lee Pryde, word aangestel om die skool te bestuur en onder haar leierskap vermeerder die leerdertal van 80 tot 240 in 1899.

Die laerskool is later jare in die oorspronklike gebou van die hoërskool gehuisves. Die hoërskool, wat 'n groot terrein in die middel van die dorp in Faurestraat gekry het, se leerdertal in 2007 was 504 en die skoolhoof mev. A. Lochner. Die skool is parallelmedium met 'n byna gelykop verdeling tussen Afrikaans en Engels. Hoewel die skool se skoolfonds in 2007 teen R6 842 goedkoper as baie ander staatskole was, handhaaf die skool 'n besonder wye vakkeuse met byvoorbeeld drie derde tale, tewete Duits (een van net 26 skole in die Wes-Kaap), Frans (een van net 28) en Latyn (een van net ses).

[wysig] Bronne


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -