See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Volkslied van Suid-Afrika - Wikipedia

Volkslied van Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Volkslied van Suid-Afrika is sedert 1996 'n samevoeging van Die Stem van Suid-Afrika (Die Stem) en Nkosi Sikelel' iAfrika. Die onderskeie verse is in vier van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika en die lied bestaan uit twee dele in verskillende toonsoorte.

[wysig] Geskiedenis

Gedurende die apartheidsjare was Die Stem die volkslied, en tussen 1994 en 1996 het Die Stem en Nkosi Sikelel' iAfrika albei as volkslied gedien.

Met die einde van apartheid in die jare negentig het die argitekte van die oorgang na 'n nuwe bedeling egter besef dat daar 'n nuwe volkslied sou moes kom wat vir almal aanvaarbaar is. By Die Stem sou die voorheen benadeeldes nie aanklank vind nie; vir die blankes, wat die woorde van Nkosi Sikelel' iAfrika nie verstaan het nie, was dié weer niks minder as 'n strydkreet van verset nie.

Maar deur die twee saam te voeg -- en alle Suid-Afrikaners te laat begryp dat dit 'n lied van seënbede en glorie onder die helderblou hemel van Suid-Afrika is -- is 'n kompromis bereik in die edelste tradisie van versoening.

Die oorspronklike woorde en melodie van Nkosi Sikelel' iAfrika is deur Enoch Sontonga geskryf. Voor Nkosi Sikelel’ iAfrika gebruik is as deel van die amptelike volkslied was dit 'n gewilde kerklied en is dit ook beskou as die volkslied deur die onderdrukte bevolking van Suid-Afrika.

Die Stem se woorde is deur die vermaarde Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven geskryf en die melodie in 1921 deur M.L. de Villiers gekomponeer. Die Stem van Suid-Afrika was in der waarheid Langenhoven se bekendste enkele werk. Dit was ook De Villiers se gedenkwaardigste toonsetting. Later het die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie sowel God save the King as Die Stem aan die einde van hul daaglikse uitsendings gespeel. Dit is die eerste keer in die openbaar gesing met die amptelike hysing van die landsvlag op 31 Mei 1928, maar dit was eers op 2 Mei 1957 dat die regering Die Stem as die amptelike volkslied aanvaar het. As The Call of South Africa is dit mettertyd ook in Engels gesing.

[wysig] Inhoud

Die Zoeloe- of Xhosa-weergawe van Nkosi Sikelel' iAfrika (God seën Afrika) word gebruik vir die eerste vers, terwyl die Sotho-weergawe die tweede vers van die volkslied vorm. Die derde en vierde verse bestaan uit 'n Afrikaanse en Engelse deel van Die Stem.

Die hele lied is as volg:

Nkosi sikelel' iAfrika
maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yizwa imithandazo yethu
Nkosi sikelela
thina lusapho lwayo

Morena boloka setjhaba sa heso
O fedise dintwa le matswenyeho
O se boloke (O se boloke)
Setjhaba sa heso
Setjhaba sa South Afrika

South Afrika!

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,

Sounds the call to come together and united we shall stand.
Let us live and strive for freedom in South Africa our land.

Die Xhosa/Zoeloe van die eerste vers en die Sotho van die tweede vers kan as volg vertaal word:

Here, seën Afrika
Mag haar gees opstyg
Hoor ons gebede aan
Here, seën ons.

Here, seën Afrika
Verban oorloë en twis
Here, seën ons nasie
Van Suid-Afrika.

[wysig] Eksterne skakels en bronne


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -