See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vlag van Suid-Afrika - Wikipedia

Vlag van Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

 Nuwe vlag, verhouding 2:3
Nuwe vlag, verhouding 2:3
Vorige vlag (1928-1994), verhouding 2:3
Vorige vlag (1928-1994), verhouding 2:3
Vlag van Suid-Afrika, 1910-1928, verhouding 1:2
Vlag van Suid-Afrika, 1910-1928, verhouding 1:2
Konstruksietekening van die huidige vlag
Konstruksietekening van die huidige vlag

Die huidige nasionale vlag van die Republiek van Suid-Afrika is aanvaar op 26 April 1994. Die vlag is ontwerp deur die Staatsheraldikus, Mnr. F. Brownell. 'n Vroeëre poging om 'n nuwe vlag te skep deur die publiek om voorstelle te vra, was onsuksesvol.

Ten spyte van die nuutheid daarvan, het die vlag 'n uitstekende nasionale simbool geword, selfs tussen die blanke Suid-Afrikaners wie se vlag daardeur vervang is. Dit word nou gereeld by sportwedstryde en soortgelyke geleenthede gesien.

Die vlag word bes beskryf as twee gelyke-wydte horisontale bande rooi (bo) en blou (onder), geskei deur 'n sentrale groen band wat na 'n horisontale "Y" verdeel, met die arms wat teen die hoeke van die hyskant eindig. Die Y omhels 'n swart gelykbenige driehoek, wat geskei word deur 'n dun geel band; die rooi en blou bande word van die groen band en sy arms geskei deur dun wit bande.

Suid-Afrika se vorige nasionale vlag was eintlik vier vlae in een: drie miniatuurvlaggies in die middel van die wit band van die vorige vlag van Nederland (die Prinsevlag), wat bestaan uit drie gelyke horisontale bande oranje (bo), wit en blou; die miniatuurvlaggies is 'n vertikaal-hangende ou Oranje-Vrystaatvlag met 'n horisontale Unievlag aan die hyskant en 'n horisontale ou Transvaalrepubliekvlag aan die ander kant.

[wysig] Protokol

Daar bestaan 'n protokol [1] van toepassing op die hantering en uitstalling van die vlag.

[wysig] Betekenis van die vlag

Toe die nuwe vlag ontwerp is, was dit spesifiek genoem dat die kleure geen amptelike betekenis of simboliek het nie, afgesien van hulle gebruik in die verlede.

In onlangse tye is 'n nie-amptelike konsensus bereik in terme van 'n aanvaarde betekenis van die vlag en sy kleure:

Die gaffel (Y) verteenwoordig die samekoms as 'n verenigde nasie.

  • Rooi vir bloedgieting
  • Blou vir oop blou lug
  • Groen vir die land
  • Swart vir die swart mense
  • Wit vir die Europese mense
  • Geel vir die natuurlike hulpbronne, soos goud

[wysig] Eksterne skakels


{{{afb_links}}} Nasionale vlae {{{afb_rechts}}} {{{afb_groot}}}

België · Guinee-Bissau · Koeweit · Mali · Mauritanië · Nederland · Niger · Senegal · Suid-Afrika · Verenigde State


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -