See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wikipedia

Verenigde State se nasionale rugbyspan

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Verenigde State
Unie VSA-Rugby
Bynaam(e) Arende
Afrigter Vlag van Nieu-Seeland Peter Thorburn
Meeste toetse Luke Gross (62)
Top puntebehaler Mike Hercus (381)
Meeste drieë Vaea Anitoni (26)
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Spankleure
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Australië Australië 12 - 8 Verenigde State Vlag van Verenigde State
(September 16, 1912)
Grootste oorwinning
Barbados 0 - 91 Verenigde State Vlag van Verenigde State
(July 1, 2006)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 106 - 8 Verenigde State Vlag van Verenigde State
(August 21, 1999)
Wêreldbeker
Verskynings 4 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Een oorwinning in 1987 en 2003

Die Verenigde State se nasionale rugbyspan se bynaam is die Arende (Engels: the Eagles). Die VSA word reeds lank as 'n mindere rugbynasie gesien, maar deur 'n professionele benadering is die Arende besig om verbeterings in afrigting, bestuur en spelerontwikkeling te maak en het as 'n resultaat hiervan vordering op die veld gelei. Die Arende het potensieel 'n reuse poel spelers aangesien baie Amerikaners Amerikaanse voetbal op hoërskool en kollege speel maar die sport op een of ander punt tydens hulle skooljare hou hulle op voetbal speel. Baie min Amerikaners word egter groot met rugby en meeste spelers speel vir die eerste keer op kollege of selfs later. Die gemiddelde Amerikaanse speler het dus baie minder rugby-ondervinding as spelers van soortgelyke ouderdom in die res van die wêreld.

Die reuse grootte van die VSA en die relatief min wedstryde wat die span speel, beteken dat die Amerikaanse nasionale rugbyspan slegs tydens wedstryde en vir evaluasies wat van tyd tot tyd plaasvind bymekaar. Spelers word gedeeltelik gekies deur talentsoektogte in die VSA Super Liga wedstryde. Sommige van die beste spelers speel egter nou vir Europese klubs wat aan hulle waardevolle oefening en speelondervinding bied. Die span is tans 15de op die wêreldranglys. Die Arende speel jaarlikse in die Pan Am trofee wedstryd teen Kanada. Daar is ook twee-jaarlikse Pan Amerikaanse kampioenskappe wat ook kan dien as die kwalifiserende wedstryde vir die Amerika sone van die Wêreldbekerkompetiesie.

Die VSA is ook betrokke by die implementering van die NAWIRA sone kompetisie wat Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese spanne gereelde kompetisie sal bied. 'n Gebied waar die VSA internasionaal die meeste vordering gemaak het is die Sewe's-vorm van die spel waar die Arende 'n sterk indruk op die IRB Wêreld Sewe's toernooireeks maak en gereeld tot die uitklop stadium van kompetisies deurdring.

Deur deelname in internasionale toernooie soos die Churchill Cup en die Pan Amerikaanse Kampioenskap sowel as spesiaal gereëlde wedstryde teen rugbykragte soos Frankryk en Ierland het die Arende vir vier van die vyf Rugby Wêreldbekers gekwalifiseer en slegs in 1995 uitgeval. In die 1987 Wêreldbeker het die span Japan geklop maar teen Australië en Engeland verloor, in 1991 het hulle al hulle wedstryde verloor. In 1995 het die Arende Kanada vir die eerste keer in Kanada gewen met 'n telling van 15-14.

[wysig] Geskiedenis

Die Amerikaanse nasionale rugbyspan van 1924
Die Amerikaanse nasionale rugbyspan van 1924


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -