Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ulaanbaatar - Wikipedia

Ulaanbaatar

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ulaanbaatar
Улаанбаатар
Ulaanbaatar, September 2007
Ulaanbaatar, September 2007
Official Vlag van Ulaanbaatar
Vlag
Wapen van Ulaanbaatar
Wapen
Koördinate: 47° 55′ " N 106° 55′ " O
Land Mongolië
Graafskap
Gestig
Regering
 - Burgemeester Tsogt Batbayar
Oppervlak
 - Stad 4 704,4 km²  (1 816,4 sq mi)
Hoogte 1 350 m (4 429 ft)
Bevolking (11 Julie 2007)
 - Stad 1 000 000 1 940 500
 - Digtheid 213/km² (551,7/myl2)
 - Metrodigtheid 8 510/km² (22 040,8/sq mi)
Poskode 210 xxx
Skakelkode(s) +976 (0)11
Webwerf: [1]

Ulan Bator, of Ulaanbaatar is die hoofstad van Mongolië. Ulaanbaatar is in 1639 gestig en het aanvanklik as Örgöö bekend gestaan. In 1924 het Ulaanbaatar (wat "rooi held" beteken) die hoofstad van die nuwe Mongoolse Volksrepubliek geword ter ere van 'n Mongoolse volksheld Damdin Sükhbaatar, wie se soldate Mongolië van Ungern von Sternberg se troepe in samewerking met die Sowjet (Rooi Leër] bevry het. Vandag pruik Sükhbaatar se standbeeld op Ulaanbaatar se eenders genoemde stadsplein. Meer as 'n derde van Mongolië se yl bevolking woon in Ulaanbaatar.

Inhoud

[wysig] Geografie

Ulanbaatar is ongeveer 1350 meter (4430 voet) bokant seespieël in die sentraal-oostelike deel van Mongolië aan die Tuulrivier ('n sytak van die Selenge rivier) en aan die voet van berg Bogd Khan Uul geleë.

Vanweë Ulaanbaatar se hoë ligging, se posisie op die breedtelyn en vêr afstand van die naaste kuslyn word dié stad allerweë as die koudste hoofstad in die wêreld beskou met 'n gemiddelde temperatuur van -1.3°C. In die lang droë winterseisoen daal die temperatuur so laag as -40°C, terwyl die temperatuur in die kort somers so hoog as 35°C styg. Die stad is in 'n sporadiese permabevrore sone geleë wat beteken dat dit moeilik is om fondamente te grawe. Voorstedelik inwoners woon dus hoofsaaklik in tradisionele gers wat maklik opgerig en verskuif kan word.[1]

Standbeeld van 'n bergbok met die Natuurgeskiedenismuseum in die agtergrond
Standbeeld van 'n bergbok met die Natuurgeskiedenismuseum in die agtergrond

[wysig] Geskiedenis

Gestig in 1639, Ulan Bator, toe bekend as Örgöö (Urga), was oorspronklik te Shireet Tsagaan nuur meer. Die meer is sowat 400 km van die huidige Ulaanbaatar in die Övörkhangai Provinsie, en was hoofsaaklik bedoel om as setel te dien vir die eerste Jebtsundamba, Zanabazar.

[wysig] Administrasie en onderafdelings

Sjabloon:Main Ulaanbaatar word in nege distrikte onderverdeel, te wete (Düüregs): Baganuur, Bagakhangai, Bayangol, Bayanzurkh, Chingeltei, Khan Uul, Nalaikh, Songino Khairkhan, en Sühbaatar. Elke distrik word verder in Khoroos onderverdeel.

Die hoofstad word deur 'n stadsraad regeer (die burgerverteenwoordigende Hural) met veertig lede wat elke vier jaar verkies word. Die stadsraad stel die burgermeester aan. Die huidige burgermeester is Tsogt Batbayar, wie ook die goewerneur van die sentrale provinsie is, i.e. Töv Aimag, wat die munisipaliteit van Ulaanbaatar omring.

[wysig] Vervoer

Chinggis Khaan Internasionale Lughawe
Chinggis Khaan Internasionale Lughawe

Tussenstedelik en internasionaal: Ulaanbaatar word deur die Chinggis Khaan Internasionale Lughawe (voorheen die Buyant Ukhaa Lughawe) bedien Die staatsbeheerde lugredery MIAT Mongolian Airlines bedryf lugroetes tussen Mongolië en Suid-Korea, Sjina, Japan, Rusland en Duitsland.

Daar is ook spoorverbintennisse met die Trans-Siberiese Spoorweg via Naushki en die Sjinese spoorwegstelsel via Jining. Ulaanbaatar word verder deur oorwegend ongemerkte en ongeteerde paaie met ander dorpe verbind.

Binnestedelik vervoer: Die nasionale en munisipale regerings reguleer 'n omvattende stelsel van private vervoerdiensverskaffers. Hierdie diensverskaffers bedryf busroetes regoor die stad. Talle busse en trembusse is afkomstig uit Korea, Japan en die eertydse Sowjet Unie.

A sekondêre vervoerstelsel bestaan uit die gebruik van minibusse wat met die busse meeding en dikwels onwettig bedryf word. Ulaanbaatar het talle gelisensieerde huurmotors, hoewel privaatmotors ook informeel as huurmotors gebruik word. Elke motor is dus 'n potensiële huurmotor.

[wysig] Onderwysinstellings

Ulaanbaatar het vyf universiteite: die Nasionale Universiteit van Mongolië, die Wetenskaplike en Tegnologiese Universiteit van Mongolië, die Universiteit van Gesondheid en Mediese Wetenskappe, 'n Opvoedkundige Universiteit en 'n Univeriteit vir Kuns en Kultuur. Daar is ook talle private en openbare kolleges en 'n geskiedkundige biblioteek met'n versameling antieke manuskripte uit Mongolië, Sjina en Tibet.

[wysig] Beskrywing

Gorkhi-Terelj Nasionale Park
Gorkhi-Terelj Nasionale Park

Die stad bestaan uit 'n sentrale gebied wat in die Sowjet veertiger- en vyftigjarige argitektuur gebou is. Die sentrale gebied word deur residensiële bloktorings en groter woonkwartiere omring. Die grondvloere van talle geboue is winkels omskep, terwyl nuwe winkelsentrums opgerig word.

Bekende landmerke en besienswaardighede sluit die volgende in:

  • Choijin Lama Monastry
  • Natuurgeskiedenismuseum. Die museum stal onder ander ou dinosourusfosiele wat in Mongolie ontdek is, uit.
  • Naionale Mongoolse Geskiedenismuseum
  • Gandantegchinlen Khiid Monastery, met 'n 25m hoe standbeeld van Migjid Janraisig
  • Bogd Khan se Winterpaleis
  • Ulaanbaatar Operahuis
  • Die Zaisan Gedenkteken herdenk die Russiese soldate wat in die Tweede Wêreld Oorlog gedood is. Die gedenkteken op 'n heuwel suid van die stad sluit 'n Russiese tenk in wat deur die Mongole betaal is en 'n skildery wat vriendskapstonele tussen die Russe en Mongole uitbeeld. Besoekers wat die lang pad na die kruin van die heuwel stap word met 'n panoramiese uitsig oor die stad in die vallei daaronder beloon.
  • Sükhbaatar Square, in die regeringsdistrik. In die middel van Sükhbaatar Square is daar 'n standbeeld van Damdin Sükhbaatar op die rug van 'n perd. Die Mongoolse Parlement, met 'n groot standbeeld van Chinggis Khan bokant die trappe van die hoofingang, is noord van Sükhbaatarplein geleë.
  • Die Nasionale Sportstadium. Die Naadamfees word jaarliks in Julie by die stadium gehou.
  • Gorkhi-Terelj Nasionale Park, 'n natuurreservaat, ongeveer 70km uit Ulaanbaatar met talle toeristekampe en fasiliteite.


[wysig] Ambassades

Bulgarye , Sjina, die Tsjeggiese Republiek, Frankryk, Duitsland, Japan, Laos, Pole, Roemenië, Rusland, Taiwan, Turkeie, die Verenigde Koninkryk, en die Verenigde State van Amerika het almal ambassades in Ulaanbaatar. Suid-Afrika het in 1994 diplomatieke betrekkinge met Mongolië gesluit, hoewel Suid-Afrika geen ambassade in Mongolië het nie. [2][3][4][5][6]


[wysig] Verwysings

  1. ^ geography.about.com coldcapital.html
  2. ^ http://www.embassiesabroad.com/embassies-in/Mongolia#1958
  3. ^ http://www.themoscowtimes.com/travel/facts/emb_abroad.html
  4. ^ http://www.mfa.government.bg/index.php?tid=49#art384
  5. ^ http://www.britishembassy.gov.uk/servlet/Front?pagename=OpenMarket/Xcelerate/ShowPage&c=Page&cid=1087554253488
  6. ^ http://www.msz.gov.pl/Polish,Missions,Abroad,2143.html

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu