See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Transkei - Wikipedia

Transkei

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die ligging van Transkei in Suid-Afrika
Die ligging van Transkei in Suid-Afrika
Die Vlag van Transkei
Die Vlag van Transkei

Transkei was die eerste en grootste van die voormalige onafhanklike Swart tuislande (Bantoestans), wat onder die bewind van die Nasionale Party geskep is, met 'n oppervlak van 38 712 vierkante kilometer en 3,2 miljoen inwoners. Die gebied is sedert die 15de eeu die historiese tuisland van die Xhosa- en Pondo-stamme, en in 1989 het naastenby die helfte van die Xhosas in Suid-Afrika in Transkei gewoon.

Transkei het uit die gebiede Fingoland, Tembuland, Oos-Griekwaland, Pondoland en Gcalecaland bestaan. Die hoofstad was Umtata (die huidige Mthatha), wat in 1879 gestig is, met sowat 50 000 inwoners, en die enigste seehawe Port St. Johns.

Die gebied staan bekend vir sy verruklike natuurtonele, veral langs die Wilde Kus, 'n subtropiese kusstreek met 'n lengte van sowat 280 kilometer. Oud-President Nelson Mandela is 'n boorling van Qunu, 'n dorp in Transkei.

[wysig] Geskiedenis

Onder die Britse koloniale bewind is Transkei sedert die 19de eeu deur 'n aantal rade van inheemse stamhoofde geregeer. Hierdie rade is in 1931 in 'n Algemene Raad onder voorsitterskap van 'n Blanke amptenare verenig. In 1951 is ook streeksrade in die lewe geroep, en in 1956 vervang 'n Gebiedsraad van alle Xhosas die Algemene Raad.

Transkei was sedert die jaar 1963 selfregerend en het op 26 Oktober 1976 formeel onafhanklik geword, alhoewel die nuwe staat nie deur ander lande behalwe Suid-Afrika erken is nie. Die Verenigde Nasies en die Organisasie vir Afrika-eenheid het die onafhanklikheidsverklaring skerp veroordeel. Hulle het die Suid-Afrikaanse regering ook daarvan beskuldig dat die grense tussen Transkei en Lesotho opsetlik gesluit is.

In 1977 het Transkei en Suid-Afrika in 'n ernstige geskil oor die gebied Oos-Griekwaland geraak, wat deur Transkei opgeëis is. Op 10 April 1978 het Transkei selfs sy diplomatieke betrekkinge met die Republiek van Suid-Afrika verbreek, nadat Oos-Griekwaland nie aan Transkei afgestaan is nie en by die Suid-Afrikaanse provinsie Natal ingelyf is.

In 1987 het Bantu Holomisa ná 'n militêre staatsgreep Kaizer Daliwonga Matanzima as staatshoof vervang. Ná die eerste algemene verkiesing in Suid-Afrika in April 1994 is Transkei weer by Suid-Afrika ingelyf. Dit maak nou deel uit van die provinsie Oos-Kaap.

Apartheid-Bantoestans in Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
Bophuthatswana | Ciskei | Gazankulu | KaNgwane | KwaNdebele | KwaZulu | Lebowa | QwaQwa | Transkei | Venda


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -