Stuttgart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Stuttgart is die hoofstad van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg. Met 592 000 inwoners in die stadsgebied en sowat drie miljoen in die metropolitaanse gebied (Region Stuttgart) is dit die grootste stad in die deelstaat Baden-Württemberg en die sesde grootste in Duitsland.
Stuttgart is die administratiewe en ekonomiese sentrum van Baden-Württemberg en vorm 'n stedelike distrik (Duits: Stadtkreis). Dit is ook die hoofstad van die administratiewe gewes Stuttgart van Baden-Württemberg met vier miljoen inwoners.
Stuttgart in Duitsland |
|||