See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pinkster - Wikipedia

Pinkster

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Heilige Gees word oor die dissipels van Jesus van Nasaret uitgestort (Ingeborg-psalter, omstreeks 1200)
Die Heilige Gees word oor die dissipels van Jesus van Nasaret uitgestort (Ingeborg-psalter, omstreeks 1200)

Pinkster (afgelei van die Griekse πεντηκοστή [ἡμέρα], pentekostē [hēmera], "die vyftigste dag") is 'n Christelike fees ter herinnering aan 'n belofte wat Jesus van Nasaret vir sy volgelinge gemaak het. Volgens die Christelike Pinkster-teologie sou hy vyftig dae ná sy beweerde opstanding 'n helper, die Heilige Gees, stuur om sy aanhangers, wat in Jerusalem vergader het om die Joodse Wekefees te vier (Handelinge 2:1-41), met nuwe krag te beklee. Pinkster word sedert die 3de eeu as 'n Christelike fees gevier (die eerste historiese verwysing na die fees dateer selfs terug na die jaar 130) en is gegrond op die Joodse tradisie van die Wekefees of Sjavoeot, wat vyftig dae ná die Pasgafees (Hebreeus: Pessag) gevier is. In ooreenstemming hiermee val die Christelike Pinksterfees op die vyftigste dag ná Pase.

Die beweerde gebeure - volgens die Nuwe Testament het "tonge van vuur" en die "gawe om in vreemde tale te praat" oor Jesus van Nasaret se dissipels gekom - is moontlik eerder fantasieryke verhale. Nogtans het die dissipels daarin geslaag om op 'n belangrike Joodse feesdag die aandag van talle mense op hulle klein religieuse beweging te vestig, nuwe aanhangers te wen en selfs ná die dood van hul spirituele leier onbeskaamd en met nuwe krag met hul sendingwerk voort te gaan. Die eerste Pinksterfees word in die Christelike tradisie dan ook as die stigtingsdatum van die oorspronklike Ekklesia (Kerk) beskou.

[wysig] Joodse oorsprong

Die Christelike Pinkstergebeure het volgens die Nuwe Testament van die Bybel (Handelinge 2:1) tydens die Joodse fees Sjavoeot plaasgevind. Hierdie fees is ter herinnering aan die openbaring van die Tora aan die Joodse volk as een van die belangrikste feesdae van die Joodse godsdiens gevier. Sjavoeot beteken letterlik "weke" en verwys na die sewe weke ná die Pessagfees, wat op die vyftigste dag voltooi is. Die Griekse benaming pentekostē, waaruit ook die Afrikaanse naam Pinkster ontstaan het, is reeds op hierdie tradisie gegrond. Sjavoeot was daarnaas ook 'n oesdankfees en het die einde van die koringoestyd gemarkeer wat met Pessag begin het.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -