Pennsylvania Duits
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pennsylvania Duits (Engels: Pennsylvania Dutch) is 'n Duitse dialek in die ooste van die Verenigde State wat op 17de en 18de eeuse Palties baseer en nog steeds deur nasate van die oorspronklike immigrante onder meer in Pennsilvanië se Shenandoah-vallei gepraat word. Die woordeskat is deur Amerikaanse Engels beïnvloed. Enkele van sy woorde is deur Amerikaanse Engels ontleen soos byvoorbeeld Schmierkäs ('n soort sagtekaas) wat nou as smearcase bekend staan.
In die sogenaamde Pennsylvania Duits-distrikte het Engels en Duits dikwels tot 'n nuwe omgangstaal versmelt, en albei tale het woorde en idiomatiese uitdrukkings van mekaar ontleen.
Sien ook: Hoogduitse tale