See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Murrayfield-Stadion - Wikipedia

Murrayfield-Stadion

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Murrayfield Stadion
Murrayfield Stadium
Ligging Murrayfield, Edinburgh, Skotland
Geopen 1925
Renovasie 1995
Eienaar Skotse Rugbyunie
Oppervlak Ondergrondsverhitte gras
Boukoste £50 miljoen (herkonstruksie)
Argitek Connor Milligan
Tuisveld van
Skotse Rugbyunie
Edinburgh Sewes (2007-hede)
Kapasiteit
67,800
Dimensies

Murrayfield Stadion is 'n sportstadion in Edinburgh, die hoofstad van Skotland en is die tuiste van die Skotse Rugbyunie. Dit het op 'n stadium die rekord gehou vir die meeste toeskouers by 'n rugbywedstryd met 104 000 wat die wedstryd tussen Skotland en Wallis in 1975 bygewoon het. Tans is die stadion se sitplek-alleen kapasiteit 67 800.

[wysig] Ligging

Murrayfield is geleë in die wes-einde van Edinburgh naby Corstorphineweg, reg langsaan die Murrayfieldskaatsbaan en naby die Edinburghdieretuin. Dit is vernoem na die deel van Edinburgh waarin dit geleë is, Murrayfield.

Die stadion het goeie vervoerverbindings met busse wat langs Corstorphineweg loop. Die naaste spoorwegstasie is Haymarket wat sowat teins minute se stap daarvandaan geleë is.

[wysig] Geskiedenis

Die Skotse Rugbyvoetbalunie het die grond waarop die stadium gebou is gekoop en die eerste Murrayfield Stadion op 21 Maart 1925 ingehuldig. te vore is intrenasionale wedstryde by Inverleith gehou. Die eerste besoekers was Vlag van Engeland Engeland, wat deur Vlag van Skotland Skotland verslaan is om die nasie se eerste Vyf-Nasies Grand Slam te besorg.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Murrayfield se grond aan die nasie beskikbaargestel en is dit deur die Royal Army Service Corps oorgeneem wat dit as voorradedepot gebruik het. Gedurende die oorlogsjare het die gewapende magte sportowerhede daarin geslaag om leke jaar Skotland teen Engeland magte intrenasionale wedstryde te reel op 'n tuis-ene-weg grondslag. Skotland se tuiswedstryde is die eerste twee jaar by Inverleith gespeel voor dit in 1944 na Murrayfield terugverander het. In 1995 is Murrayfield teen 50 miljoen pond opgeknap en is floodlights vir die eerste keer in die stadion se geskiedenis geïnstalleer.

tans word Murrayfield meestal vir Skotse internasionale rugbywedstryde gebruik met al Skotland se Ses-Nasies wedstryde wat daar gehou word. Van 2007 af is Murrayfield ook die tuiste van die Edinburgh 7's, die finale gebeurtenis in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreek in rugby sewes. Murrayfield word ook vir van die wedstryde in die 2007 Rugby Wêreldbeker gebruik. Die stadium is ook al gebruik vir die Heineken beker eindstryd soos wat die geval was in 2004-05 toe Toulouse Stade Français met 18-12geklop het.

benewens rugby word daar soms sokker op die stadion gespeel en die stadion is deur die nabygeleë sokkerklub Heart of Midlothian F.C. as die tuisveld vir hulle Europese veldtog in die 2006/2007 seesoen gekies aangesien Tynecastle nie aan UEFA kriteria vir Europese sokker voldoen nie. verder het Murrayfield al Amerikaanse voetbal en rugby league wedstryde aangebied. Die stadion het ook al opterdes deur rockkunstenaars soos David Bowie, U2 en die Red Hot Chili Peppers aangebied. In Julie 2005 is die finale Live 8-konsert, Edinburgh 50,000 - The Final Push, met optredes deur onder andere James Brown, Texas, The Proclaimers en Travis by Murrayfield gehou.

Alhoewel dit 'n rugbyunionstadion is, het Murrayfield in 2000 en 2002 die rugby league Challenge beker eindstryde aangebied.

[wysig] Eksterne Skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -