See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Min Shaw - Wikipedia

Min Shaw

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November 1936) is 'n Suid-Afrikaanse musikant.

Sy is 'n sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar latere jare ook van Afrikaanse sowel as Engelse Gospel. Sy het eerste met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het) getref. Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het.

Inhoud

[wysig] Biografie

Sy het musieklesse op skool aan die Hoërskool Helpmekaar geneem en ná skool het sy haar as onderwyseres bekwaam. Sy het aanvanklik in restaurante in Johannesburg en Benoni gesing, maar haar deurbraak kom in 1961 toe sy 'n talentkompetisie van LM Radio wen. Die prys was 'n reis na Londen, waar sy ook op televisie verskyn het.

[wysig] Eerste opnames

Op aandrang van die bekende orkesleier Dan Hill het Min plaatopnames gemaak. Dit het gelei tot die vrystelling van haar eerste solus-sewe, Kleine nagtegaal, in Junie 1966. Die plaat het goed gevaar en sy het ná ses jaar besluit om die onderwys te laat vaar en van sang haar loopbaan te maak. Haar sangloopbaan is verder aangehelp deur 'n rol in die rolprent Hoor my lied van 1967. Die heidelied, 'n duet met Gé Korsten, bly een van Min se grootste treffers. Sy het ook in die rolprente Jy is my liefling (1968), Die Danie Bosman Storie (1969) en Lied in my hart (1969) teenoor Gé Korsten en Mitzi Stander gespeel.

In haar loopbaan het min meer as 40 albums vrygestel en na raming meer as 500 liedjies opgeneem. Saam met Lance James het sy een van die gewildste Afrikaanse sangpare gevorm met trefferplate soos Bymekaar (1968) en Weer bymekaar (1982). Nadat sy in 1975 haar lewe aan die Here toegewy het, het sy hoofsaaklik geestelike plate opgeneem.

[wysig] Toekennings

Sy het drie Sarie-toekennings gekry en twee goue plate, 'n platinumplaat en 'n dubbele platinumplaat (vir die rekordverkope van haar gospel-albums). Sy is in 1996 deur die ATKV-vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.

[wysig] Bronne

  • Pretorius, Danie C., Musieksterre van gister en vandag, J.P. van der Walt, Pretoria, 1998.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -