See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Gideon Joubert - Wikipedia

Gideon Joubert

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Gideon Joubert is gebore en het grootgeword op sy pa se wynplaas in die Bottelary, distrik Stellenbosch. Hy gaan skool aan die indertydse Hoër Jongensskool, tans die Paul Roos-Gimnasium op Stellenbosch, waar wyle Paul Roos sy Latyn-onderwyser was. Hy verwerf die graad B.A. aan die Universiteit van Stellenbosch met hoofvakke: Afrikaans-Nederlands, Sielkunde en Engels.

In sy eie woorde, “loop hy weg” in sy tweede jaar en sluit hom as dekjonge by ’n seilskip aan, waar hy bevorder word tot Gewone Seeman en Senior Gewone Seeman (’n trotse oomblik!). ’n Jaar later keer hy terug om sy studies te voltooi.

In 1949 word hy verslaggewer by Die Burger, maar in 1951 sluit hy as offisier by die SA Vloot aan met die persoonlike opdrag van die indertydse Minister van Verdediging, mnr. Frans Erasmus, om die Vloot tweetalig te maak.

Gideon was een van die stigters van die Vlootgimnasium op Saldanha, waarvan hy later bevelvoerder word. Hy was stigter en voorsitter van die Vloottaalraad, en ook stigter en eerste bevelvoerder van die Duikskool. Suid-Afrika se eerste paddaman.

Na sestien jaar bedank hy met die rang Kommandeur en keer hy terug na Die Burger, waar hy tot sy aftrede werk.

Gideon woon in Heldervue, Somerset-Wes. Hy is tans baie bedrywig in taal- en kultuurkringe, en is o.m. bestuurslid van die Vriende van Afrikaanse asook die Helderbergse Kultuurraad. Hy is landswye koördineerder van die Vriende van Afrikaans.

'n Jeugroman (Spioenduiker Frans Alberts) het uit sy pen verskyn wat landswyd in skole voorgeskryf was.

Hy is getroud en het vier seuns en vier kleinkinders. Hy is lief vir sterrekunde, letterkunde, klassieke musiek, goeie wyn, lekker geselskap, jellie en sy vrou.

Die groot gedagte is bekroon met die 1998 Insig-prys vir Nie-Fiksie (die eerste keer dat hierdie prys toegeken word), sowel as die 1998 Andrew Murray-prys vir godsdienstige publikasies. Dit word nou vir die tiende keer herdruk.

Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -