See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Blu-ray Disc - Wikipedia

Blu-ray Disc

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Hierdie Blu-ray Disc van Panasonic het twee lae met 'n stoorkapasiteit van 50 GB
Hierdie Blu-ray Disc van Panasonic het twee lae met 'n stoorkapasiteit van 50 GB

Die Blu-ray Disc (afkorting: BD, letterlik "Bloustraalskyf") is saam met die High-Definition-DVD een van die twee nuwe standaarde vir hoë-resolusie-DVD-rolprente. Sy tegnologie en die spelers is gemik op die verbruikersmark, terwyl professionele gebruikers twee variante ter beskikking sal hê - die Professional Disc for Data (PDD), wat as stoormedium vir gewone gegewens sal dien, en die Professional Disc for Broadcast (PDB), wat as medium vir die uitsaaibedryf ontwikkel is.

Die tegniese besonderhede van die Blue-ray Disc is op 19 Februarie 2002 deur die nege stigterslede van die Blu-ray Group vasgelê; naas Matsushita, Pioneer, Philips, Sony, Thomson, LG Electronics, Hitachi, Sharp en Samsung het ook Dell, Hewlett-Packard, Apple en meer as 150 ander ondernemings by die vereniging aangesluit. Die Blu-ray Forum dien as organisatoriese raamwerk van die groep.

[wysig] Blu-ray-spelers en -sagteware

Een van die eerste Blu-ray-spelers, wat deur Panasonic in 2005 bekend gestel is
Een van die eerste Blu-ray-spelers, wat deur Panasonic in 2005 bekend gestel is

Die eerste Blu-ray-spelers en -skywe het in 2006 op die Europese markte verskyn. Met pryse van meer as 1 000 € vir spelers en 30 € vir rolprente bly die nuwe formaat aanvanklik 'n luukseproduk vir video-entoesiaste. Sagteware-pryse in Noord-Amerika het egter reeds in laat 2006 tot omtrent 20 VSA-$ gedaal. Panasonic is die enigste vervaardiger wat 'n kombinasie van Blu-ray en DVD-Oudio in een speler aanbied.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -