See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
DVD-Oudio - Wikipedia

DVD-Oudio

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die logo van die DVD-Oudio
Die logo van die DVD-Oudio

DVD-Oudio (Engels: DVD Audio) is die suster-medium van DVD-Video en een van die moontlike opvolgers van die CD.

Inhoud

[wysig] Tegniese gegewens

DVD-Oudio-skywe bevat meestal 5.1-ruimteklank
DVD-Oudio-skywe bevat meestal 5.1-ruimteklank

Die DVD-Oudio baseer op die DVD-ROM en bevat tussen 4.7 (eenlaag-DVD) tot 17 (tweesydige dubbellaag-DVD) GB data in die PCM-formaat wat gebruik word om musiek in twee, vier, vyf of ses kanale van hoë kwaliteit te stoor. Aangesien die hoeveelheid data vir 'n gewone dubbellaag-DVD-ROM nog te groot sou wees word meestal gebruik gemaak van Meridian se Verliesvrye Pakmetode (Meridian Lossless Packing, MLP). Tweesydige een- of dubbellaag-DVD's word gewoonlik gebruik om aparte data vir DVD-Video- en DVD-Oudio-spelers te stoor.

In vergelyking met die CD - wat sowat 44 100 keer per sekonde afgetas word - styg hierdie getal by die DVD-Oudio tot 96 000 vir seskanaal- en 192 000 vir stereo-opnames; die bis-woordlengte van die CD met net 16 is tot 24 verhoog. Frekwensies tot by 96 kHz kan nou gebruik word, en die sinjaal-/ruisverhouding is verhoog tot 144 dB. Dit maak 'n besonder ruimtelike en outentieke weergawe van musiek moontlik.

Klankingenieurs soos Elliot Scheiner het daarin geslaag om selfs ouer opnames soos die Beach Boys se Pet Sounds, die Doors se L.A. Woman en America se debuutalbum in die kristalheldere klank van die DVD-Oudio af te meng.

Die musiekopname van die kunstenaar word gereeld met bonusmateriaal soos video's, fotogalerye, tekste en Internetskakels voorsien. Agtergrondfoto's en videomateriaal wat op DVD-Oudio verskyn is meestal in NTSC-kleure opgeneem. Spesiale DVD-Oudio-spelers met 'n dekodeerder vir die bogenoemde MLP-gepakte data is noodsaaklik om hierdie skywe in die beste kwaliteit te kan weergee. DVD-Oudio-skywe wat nie oor 'n aparte stereo-meng beskik nie, kan deur die DVD-Oudio-speler van die meerkanaal- tot stereo-weergawe teruggemeng word sodat ook die eienaar van 'n tweekanaal-hoëtroustel dit maklik kan geniet. Daar is meestal addisionele Dolby-Digital-, soms ook dts-klankbane vir gewone DVD-Video-spelers.

Die gebiedskodes (regional codes) van die DVD-Video word nie op die DVD-Oudio-formaat toegepas nie sodat oorsese DVD-Oudio-skyfies in Suid-Afrika sonder probleem verkoop en gespeel kan word. 'n Gevorderde digitale kopieerbeskerming (watermerk) kan egter wél toegepas word.

Die eerste DVD-Oudiospelers wat in die jaar 2000 op die mark verskyn het word met 2.0- of 5.1-RCA-cinch-kabels aan stereo- of meerkanaalversterkers aangesluit. Hierdie spelers het hul eie MLP-dekodeerders en stuur analoë sinjale aan die versterker. Die nuwe generasie spelers wat byvoorbeeld Panasonic en Denon sedert 2004 aanbied kan digitale sinjale in die High-Definition Multimedia Interface (HDMI)-standaard aan soortgelyke versterkers stuur.

[wysig] 2+2+2-opnames

In 'n poging om die ruimtelike weergawe beter aan die behoeftes van musiek aan te pas - die gewone ruimteklank is eerder gemik op die horisontale geluide van 'n rolprent - het Duitse klankingenieurs die 2+2+2-opnamestelsel ontwikkel. In plaas van drie luidsprekers voor en twee agter die luisteraar word twee front-, twee hoogte- en twee agterkanale gebruik wat nie alleen 'n driedimensionele klank soos in 'n konsertgebou kan naboots nie. Hierdie klankstelsel maak die luisteraar ook onafhanklik van die "soet plek" met gelyke afstand van alle luidsprekers. Hy kan vry in sy musiekkamer beweeg en orals dieselfde ruimtelike indruk van sy musiek kry. 'n Reeks DVD-Oudio-titels wat alternatiewe 5.1- en 2+2+2-kanaal-weergawe moontlik maak, is al in Duitsland en Switserland vrygestel.

[wysig] DualDisc

DualDisc is die naam van 'n nuwe soort gekombineerde CD/DVD-skyf wat in 2004 op die Amerikaanse mark ingevoer is. Dit is net so dik soos 'n gewone DVD maar bevat 'n CD-gedeelte op die bo- en 'n DVD-gedeelte aan die onderkant, waarby ook DVD-Oudio-klankkwaliteit gestoor kan word. Musiekliefhebbers kan hierdie DVD's gerus in gewone CD-spelers (byvoorbeeld in hul kar) én DVD-Oudio- of DVD-Video-spelers gebruik.

Weens patentkwessies (daar bestaan reeds 'n formaat met CD-gedeelte aan die bo- en DVD-Video-gedeelte aan die onderkant wat as DVDplus bemark word) is hierdie nuwe formaat aanvanklik slegs in Kanada en die Verenigde State beskikbaar. In Februarie 2005 vermeld die eerste Europese vervaardiger van DVD's in Oostenryk dat hy nou oor die noodsaaklike regte beskik om DualDiscs en verwante produkte plaaslik te produseer. Die eerste deurskynende etikette wat vir DualDiscs in aanmerking sal kom is tydens die Consumer Electronics Show 2005 in Las Vegas (Verenigde State) bekend gestel.

Daar is verskeie etikette in die musiekbedryf soos Sony Music wat verkies om hulle DualDiscs sonder DVD-Oudio-gedeelte vry te stel; die DVD-gedeelte bevat dan net gewone DVD-Video-klankkwaliteit.

Die groep Simple Plan van Montréal (Kanada) is 2004/2005 die eerste kunstenaars ter wêreld wat 'n platinatoekenning vir die verkoop van meer dan een miljoen eenhede van hulle DualDisc-album Still Not Getting Any ontvang het (hierdie skyfie bevat 'n DVD-Oudio-klankbaan met 88.2 kHz/16 bis-klankkwaliteit). In Junie 2005 vermeld ook Warner Music die eerste platinatoekenning vir Rob Thomas se DualDisc "Something To Be", wat die album in gewone CD- en DVD-Oudio-klankkwaliteit met 96 kHz/24 bis in stereo en 5.1-ruimteklank bevat.

[wysig] DVD-Oudio-titels

Die getal beskikbare DVD-Oudio- en DualDisc-titels het intussen tot nagenoeg 1000 gestyg; maatskappye wat DVD-Oudio- en DualDisc-titels aanbied sluit Warner Music, Universal Music en EMI in. DVD-Oudio-skyfies is nie orals in winkels beskikbaar nie, en buite Noord-Amerika is dit veral elektroniese handelaars soos Kalahari.net wat 'n pioniersrol op hierdie gebied speel.

Die eerste album van die legendariese Beatles, wat in 5.1-ruimteklank afgemeng is, het in November 2006 verskyn. Love, 'n musiekprojek van die Kanadese Cirque du Soleil, bevat oorspronklike Beatles-opnames en het naas die gewone CD-uitgawe ook as 'n CD/DVD-Oudio-kompilasie verskyn, wat Beatles-opnames in ongekende klankgehalte bevat.

[wysig] 'n Vergelyking met die kompakskyf

DVD-Oudio-skywe bied langer speeltye as gewone kompakskywe:

CD-Oudio ►► DVD-Oudio
CD
16bis
PCM-Stereo
@
44.1kHz
DVD5 DVD9 DVD10 DVD18
80 min
LPCM
~7 h ~12 h ~14 h ~24 h

MLP
~14 h ~24 h ~28 h ~48 h

[wysig] Sien ook

[wysig] Eksterne skakels

  • DVD-Audioinfo.com is die offisiële tuisblad van die DVD Audio Council met inligting oor harde- en sagteware (Engels)
  • M7Records.de - Die tuisblad van die Duitse etiket M7 Records bied 'n nuusoorsig en meer inligting oor DVD-Oudio (Duits)
  • DVD-Audiobahn - Die Amerikaanse kuberklets-forum DVD-Audiobahn is 'n gewilde geselshoekie vir vriende van die nuwe medium (Engels)
  • Highfidelityreview.com lewer nuus en besprekings van nuwe DVD-Oudio-titels (Engels)
  • 2+2+2info - Hierdie werbwerf het meer inligting aangaande die 2+2+2-ruimteklank, beskikbare titels en hardeware (Duits, Engels, Spaans, Frans, Italiaans)


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -