See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Beringstraat - Wikipedia

Beringstraat

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Satelliet foto van die Beringstraat
Satelliet foto van die Beringstraat

Die Beringstraat is 'n seestraat tussen Kaap Dezjnev, die mees oostelike punt van Asië (Siberië) en Kaap Prince of Wales, die mees westelike punt van Amerika (Alaska), omtrent 85km wyd, met 'n diepte van 30–50 m. Die seestraat verbind die Tsjoektsjensee (deel van die Arktiese Oseaan) in die noorde met die Beringsee (deel van die Stille Oseaan in die suide. Dit is vernoem na Vitus Bering, 'n Deens-gebore Russiese ontdekkingsreisiger wat in 1728 deur die straat gevaar het.

Die Diomede-eilande lê direk in die middel van die Bering Seestraat.

Voorstelle is al geopper vir die bou van 'n brug oor die Beringstraat tussen Alaska en Siberië, deur sommige die interkontinentale vredesvrug genoem, en alternatiewelik, vir 'n tonnel onderdeur die seestraat.

Gedurende die ystydperke, was die seestraat gebied 'n landbrug wat as die Beringlandbrug bekend gestaan het. Tydens die mees onlangse ystydperk, ongeveer 12 000 jaar gelede, was die seevlak in die Beringstraat dermate laag dat mense en diere van Asië na Noord-Amerika kon trek. Tans word aangeneem dat die eerste mense in die tyd Noord Amerika bereik het.

[wysig] Ontdekkingsgeskiedenis

Die eerste westerlinge wat die Beringstraat bereik het was die kosakke wat Siberië verower het. In 1649 bereik Semen Dezjnev die skiereiland Tsjoektsjen, en daarmee die Asiatiese kus van die Beringstraat. Hierdie reis is egter sleg onlangs weer in die argiewe herontdek. Die Deense ontdekkingsreisiger Vitus Bering, waarna die Beringstraat vernoem is, vaar in 1728 van suid na noord deur die straat, en toon so aan dat Asië en Amerika nie verbind is nie. In 1732 ontdek Michail Gvozdev die Amerikaanse vasteland by Kaap Prince of Wales. Sy verslag bly egter ook vir lank onbekend, en dit was eers met die derde reis van James Cook (1776-1779) wat die Amerikaanse kant van die seestraat op kaarte duidelik word. Bering self sien die Amerikaanse kus in 1741 vir die eerstekeer op 'n reis waarin hy en Chirikov besluit dat Professor Delisle de la Croyere se mite van Juan de Gama land nie waar is nie. Juan de Gama Land was een van drie mitiese eilande in die noordelike Stille Oseaan wat kaartmakers op kreatiewe wyse en nie altyd op die selfde plek aangedui het nie. Kartograwe was voor die ontdekkingstogte ook vaag oor of Asië en Noord Amerika iewers in die noordelike Stille Oseaan verbind is al dan nie [1].


Die Engelse naam Bering Strait is ook die naam van 'n countrymusiekgroep uit Rusland wat countrymusiek met tradisionele Russiese liedjies meng, 'n musiekvorm wat soms "redgrass" genoem word ('n verwysing na bluegrass). [2]


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -