See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pous Adrianus I - Wikipedia

Pous Adrianus I

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Pous Adrianus I
Karel die Grote en Pous Adrianus I
Pontifikaat begin 9 Februarie 772
Pontifikaat eindig 25 Desember 795
Voorganger Stefanus III
Opvolger Leo III
Gebore
Rome, Italië
Sterf 25 Desember 795
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Adrianus

Adrianus I was die 95ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Inhoud

[wysig] Biografie

Pous Adrianus I is in Rome gebore, die seun van 'n Romeinse edelman met die naam Theodorus. Op 9 Februarie 772 volg hy Pous Stefanus III op en regeer tot sy dood op 25 Desember 795. Hy word opgevolg deur Pous Leo III. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.

[wysig] Pontifikaat

Net voor die verkiesing van Pous Adrianus I val Desiderius die koning van die Lombarde die pouslike gebied binne. Adrianus vra hulp van Karel die Grote, koning van die Franke. Karel die Grote val Italië met 'n groot leër binne en verower Pavia, die hoofstad van die Lombarde. Desiderius vlug na die abdy van Corbië in Frankryk. Karel het die hele Lombardye ingeneem en ook die titel "Koning van die Lombarde" vir homself gevat.

Die pous het 'n paar toevoegings gekry tot die hertogdom van Rome, die eksargaat van Ravenna en die vyf stede (die Pentapolis) aan die Adriatiese kus, van Rimini tot Ancona sowel as die kusvlakte tot by die berge.

'n Bewys vir die rustigheid wat in die Hertogdom van Rome geheers het, is gevind in die "Domusculta Capracorum", die sentrale landgoed wat Adrianus laat bou het in die landelike gebied noord van Veii. Die landgoed word beskrywe in die Liber Pontificalis, maar was onbekend tot 1960, toe uitgrawings dit herontdek het. Die landgoed was self-onderhoudend met sy eie graanmeul, smitswinkel en teëlfabriek. 'n Gemengde ekonomie met graan, wingerde, olywe, groentes en 'n varkboerdery is gevind. In die 10de eeu het verskeie dorpies uit die landgoed ontstaan, Campagnano in 1076, Formello in 1027, Mazzano in 945, en Stabia (teenswoordig Faleria) in 998.

'n Heroplewing van 'n ou kettery het in Adrianus se tyd in Spanje plaas gevind. Elipandus, biskop van Toledo, en Felix, biskop van Urgel, het beweer dat die tweede persoon van die Heilige Drie-eenheid nie regtig mens geword het nie, maar slegs die menslike natuur aangeneem het. Jesus Christus sou dus slegs die aangenome seun van God wees. Die Pous het die Neo-Nestorianisme veroordeel en die konsilie van Ratisbon in 758 het die pous se siening bevestig.

In sy stryd met die Bisantynse Ryk en die Lombardiese hertoë van Benevento het Adrianus vasgeklou aan sy bondgenootskap met die Franke. Hy het wel met die Franke verskil oor die ikonoklasme en Adrianus het die dekreet van die tweede sinode van Nicaea bekragtig wat die verering van beelde toegelaat het. Die tweestryd het gelei tot die onstaan van die "Libri Carolini". Adrianus het hom daarteen verset en in 'n brief die banvloek (anatema) uitgespreek teen almal wat geweier het om beelde van Jesus, die Maagd Maria of die heiliges te vereer. Die Frankiese sinode van Frankfurt in 794 het die praktyk weereens veroordeel en die strydpunt het gebly tot na Adrianus se dood.

In 787 het hy die bisdom van Lichfield in Engeland verhef tot 'n aartsbisdom op die versoek van die Engelse biskoppe en die Engelse koning Offa om die magsbalans tussen Kent en Mercië te handhaaf. Hy het die pallium aan biskop Higbert besorg in 788.

Onderstaande grafskrif geskryf deur Karel die Grote in digvorm, waarin hy Adrianus as 'vader' beskrywe, kan vandag nog gesien word by die deure van die Sint Pieterskerk.

Nomina jungo simul titulis, clarissime, nostra :

Hadrianus, Carolus, rex ego, tuque pater.

Quisque legas versus, devoto pectore, supplex

Amborum mitis, dic, miserere Deus.

Adrianus het van die akwadukte in Rome herstel en die kerke Santa Maria in Cosmedin en San Marko laat herbou.

Adrianus was een van die pouse wat die langste regeer het. Toe hy sterf, was hy naas Petrus die langs regerende pous. Na hom was daar nog vier pouse wat langer regeer het Pius VI, Pius IX, Johannes Paulus II en Leo XIII.

[wysig] Bibliografie

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
  • Ward-Perkins, J.B., "Etruscan Towns, Roman Roads and Medieval Villages: The Historical Geography of Southern Etruria" The Geographical Journal 128.4 (December 1962:389-404)

[wysig] Eksterne Skakels

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


[wysig] Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.


[wysig] Opvolging

Vooraf gegaan deur:
Stefanus III
Pous (Pontifex Maximus)
772795
Opgevolg deur:
Leo III


Pouse van die Rooms-Katolieke Kerk

Petrus - Linus - Anacletus I - Clemens I - Evaristus - Alexander I - Sixtus I - Telesforus - Higinus - Pius I - Anicetus - Soter - Eleuterus - Victor I - Zefirinus - Callixtus I - Urbanus I - Pontianus - Anterus - Fabianus - Cornelius - Lucius I - Stefanus I - Sixtus II - Dionisius - Felix I - Eutichianus - Gajus - Marcellinus - Marcellus I - Eusebius - Miltiades - Silvester I - Markus - Julius I - Liberius - Damasus I - Siricius - Anastasius I - Innocentius I - Zosimus - Bonifatius I - Celestinus I - Sixtus III - Leo I - Hilarius - Simplicius - Felix III - Gelasius I - Anastasius II - Simmachus - Hormisdas - Johannes I - Felix IV - Bonifatius II - Johannes II - Agapetus I - Silverius - Vigilius - Pelagius I - Johannes III - Benedictus I - Pelagius II - Gregorius I - Sabinianus - Bonifatius III - Bonifatius IV - Deusdedit - Bonifatius V - Honorius I - Severinus - Johannes IV - Theodorus I - Martinus I - Eugenius I - Vitalianus - Adeodatus - Donus - Agato - Leo II - Benedictus II - Johannes V - Konon - Sergius I - Johannes VI - Johannes VII - Sisinnius - Konstantyn - Gregorius II - Gregorius III - Sagarias - Stefanus II (III) - Paulus I - Stefanus III (IV) - Adrianus I - Leo III - Stefanus IV (V) - Paschalis I - Eugenius II - Valentinus - Gregorius IV - Sergius II - Leo IV - Benedictus III - Nicolaas I - Adrianus II - Johannes VIII - Marinus I - Adrianus III - Stefanus V (VI) - Formosus - Bonifatius VI - Stefanus VI (VII) - Romanus - Theodorus II - Johannes IX - Benedictus IV - Leo V - Sergius III - Anastasius III - Lando - Johannes X - Leo VI - Stefanus VII (VIII) - Johannes XI - Leo VII - Stefanus VIII (IX) - Marinus II - Agapetus II - Johannes XII - Leo VIII - Benedictus V - Johannes XIII - Benedictus VI - Benedictus VII - Johannes XIV - Johannes XV - Gregorius V - Silvester II - Johannes XVII - Johannes XVIII - Sergius IV - Benedictus VIII - Johannes XIX - Benedictus IX - Silvester III - Benedictus IX - Gregorius VI - Clemens II - Benedictus IX - Damasus II - Leo IX - Victor II - Stefanus IX - Nicolaas II - Alexander II - Gregorius VII - Victor III - Urbanus II - Paschalis II - Gelasius II - Callixtus II - Honorius II - Innocentius II - Celestinus II - Lucius II - Eugenius III - Anastasius IV - Adrianus IV - Alexander III - Lucius III - Urbanus III - Gregorius VIII - Clemens III - Celestinus III - Innocentius III - Honorius III - Gregorius IX - Celestinus IV - Innocentius IV - Alexander IV - Urbanus IV - Clemens IV - Gregorius X - Innocentius V - Adrianus V - Johannes XXI - Nicolaas III - Martinus IV - Honorius IV - Nicolaas IV - Celestinus V - Bonifatius VIII - Benedictus XI - Clemens V - Johannes XXII - Benedictus XII - Clemens VI - Innocentius VI - Urbanus V - Gregorius XI - Urbanus VI - Bonifatius IX - Innocentius VII - Gregorius XII - Martinus V - Eugenius IV - Nicolaas V - Callixtus III - Pius II - Paulus II - Sixtus IV - Innocentius VIII - Alexander VI - Pius III - Julius II - Leo X - Adrianus VI - Clemens VII - Paulus III - Julius III - Marcellus II - Paulus IV - Pius IV - Pius V - Gregorius XIII - Sixtus V - Urbanus VII - Gregorius XIV - Innocentius IX - Clemens VIII - Leo XI - Paulus V - Gregorius XV - Urbanus VIII - Innocentius X - Alexander VII - Clemens IX - Clemens X - Innocentius XI - Alexander VIII - Innocentius XII - Clemens XI - Innocentius XIII - Benedictus XIII - Clemens XII - Benedictus XIV - Clemens XIII - Clemens XIV - Pius VI - Pius VII - Leo XII - Pius VIII - Gregorius XVI - Pius IX - Leo XIII - Pius X - Benedictus XV - Pius XI - Pius XII - Johannes XXIII - Paulus VI - Johannes Paulus I - Johannes Paulus II - Benedictus XVI


Teenpouse

Hippolitus – Novatianus – Felix II – Ursinus – Eulalius – Laurentius – Dioscurus – Eugenius I - Theodorus II – Paschalis I – Theofilactus - Konstantyn II – Philippus – Johannes – Anastasius – Christoforus – Bonifatius VII – Donus II - Johannes XVI – Gregorius – Silvester III – Benedictus X – Honorius II – Clemens III – Theodoricus – Albertus – Silvester IV – Gregorius VIII – Celestinus II – Anacletus II – Victor IV – Paschalis III – Callixtus III – Innocentius III – Nicolaas V – Clemens VII – Benedictus XIII – Alexander V – Johannes XXIII – Clemens VIII – Benedictus XIV – Felix V


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -